Saturday , May 15 2021

Veertig Hits – ‘n Moet hê dubbel CD!

Min albums kan jou vir twee en ‘n half ure só boei met uitsoektreffers dat jy nie ‘n enkele snit oorslaan nie. ‘Veertig Hits’ is een so ‘n album – ‘n dubbel-CD dosis van eersteklas vermaak!

Dié album is ‘n lekker bederf vir diegene wat alle plaaslike en internasionale treffers van die afgelope drie jaar of so op een album wil hê. Dis ‘n boeket van musikale verskeidenheid wat klub-, sokkie-, meer akoestiese- en lekker saamsing- sowel as lekker luister-treffers perfek saamsnoer.image001

Die veertig snitte op die album bevat musiek van onder andere Adam Tas, Elvis Blue, Andriëtte, Kurt Darren, 4 Werke, Brendan Peyper, Die Heuwels Fantasties, Joshua na die Reën en ‘n hele rits ander eersterangse plaaslike kunstenaars. Oorsese kunstenaars soos The Script, One Direction, Daughtry, The Lumineers, Avicii, Kelly Clarkson en Meghan Trainor sluit hulle hierby aan in ‘n album wat vele kuiers-sonder-remme tot gevolg sal hê!

“Dans op die tafels”, “All about that bass”, “Roulette”, “Klein Tambotieboom”, “Shut up and dance”, ”Draadloosdae” en “Something I need” is slegs enkele gunstelinge wat van hierdie album ‘n  moet-hê vir enige ranglys-treffer-liefhebber se versameling maak!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.