Saturday , May 15 2021

Ricus Nel sing Don Williams & ander country legendes

Ricus Nel se passie vir country musiek spreek duidelik uit sy nuutste album waar hy – met hart, siel en snaar – hulde bring aan een van die grootste legendes van dié genre: Don Williams.

Williams se immergewilde treffers het reeds in die sewentiger en tagtigerjare oplslae gemaak met hulle natuurlike, Jan Alleman-lirieke en klanke wat vertel van die lewe, sy uitdagings, sy vreugdes, sy lief en sy leed.image004
Met ‘Ricus Nel sing Don Williams & ander country legendes’ laat Ricus, met dieselfde ontspanne styl en rustige rasperstem, die Williams-bekoring herleef met ‘n suiwer musikale vertolking wat jou sal oortuig dat jy na Don self luister.
Bekendes soos ‘I recall a gypsy woman’, ‘Some broken hearts never mend’, ‘You’re my best friend’, ‘Lay down beside me’, die two-step ‘Love me tonight (Turn out the light)’, die wals ‘Amanda’ en die altyd-aansteeklike ‘Tulsa time’ sorg vir ‘n fees van lekkerluister-country wat sommer by baie kuiers ingenooi sal word.

Verder is Ricus se vertolking van Glen Campbell se ‘Rhinestone cowboy’ en ‘Gentle on my mind’ ook by hierdie album ingesluit, saam met ‘Sunday morning coming down’ en ‘Blue eyes crying in the rain’ wat deur groot name soos Ray Stevens, Johnny Cash, Roy Acuff, Chris Kristofferson en Willie Nelson bekend gemaak is.

Williams se sterk invloed op Ricus se lewe en loopbaan word gevier met ‘Dankie Don’ – ‘n snit wat hy opdra aan dié ware ikoon van country wie se musiek, soos die lirieke dit pragtig skets, daar was “met my eerste dans, my eerste soen, my eerste traan”.

As jou hart sterk klop vir country – soveel so dat dit pedaal staal snare het – hoort hierdie album beslis in jou versameling. Dit is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.