Friday , August 6 2021

The Red Table op Nederburg spog met nuwe sjef!

Die nuwe sjef by The Red Table op Nederburg is Edmore Ruzoza, hoewel hy aan sy familie en vriende beter bekend is as Tigere, sy Shona-naam wat “gerief” beteken.

“Ek hoop ek is inderdaad ʼn bron van gerief vir hulle. Ek probeer! Maar ek hoop ook ek bring gerief en plesier vir die mense wat ons op Nederburg besoek en die kos eet wat ek voorberei.”Chef Edmore Ruzoza of The Red Table (4) LR

Ruzoza, wat as sjef in Harare in sy geboorteland, Zimbabwe, opgelei is, is mal oor die Paarl waar sy nuwe pos hom toelaat om die varsste bestanddele vir die tafel te verbou. “Ons kweek basilikum, origanum, suurlemoen-tiemie, brandrissie, blaarslaai, die mooiste eiervrug en botterskorsie, en jy moet ons tamaties sien!”

Sy gunsteling-styl van kook is Mediterreens en hy word deur baie streke van die Franse

kookkuns geïnspireer. Hy erken egter dat hy ook sy hart verloor het op ’n hele paar Kaaps-Maleise disse soos bobotie, sosaties en samoesas sedert hy in 2007 na Suid-Afrika gekom het.

“In Zimbabwe was ek gelukkig om onder ’n besoekende Japannese meestersjef te leer. Hy het my aan nuwe smake en geure uit Asië bekend gestel, en my bekendstelling aan die Kaapse uitdrukking van Asiatiese geure was vir my nog ’n tree op die kulinêre reis.”

In Zimbabwe het hy vir hooggeplaastes en reisigers gekook. In Suid-Afrika het Edmore in Johannesburg, Port Elizabeth en langs die Oos-Kaapse kus gewerk, maar hy geniet dit om in die hart van die land te bly. “Om naby te wees aan dit wat jy verbou, maak die groot verskil!”

Hy het onlangs ’n  gereg met twee tipes lamsvleise by The Red Table se spyskaart gevoeg. Dit sluit in lamskruisstuk en gesmoorde lamskouer, en word met ’n roosmaryngegeurde rooiwynsous bedien. Die geheime bestanddeel daarvan  is komyn. “Dit gee ’n ryker en dieper geur.”

Hoewel dit moeilik vir hom is om te kies, is Nederburg se The Beautiful Lady Gewűrztraminer die wyn waarvan hy die meeste hou. “Dis aromaties en elegant en laat my dink aan die roostuin hier, met so ’n sweempie Turkse lekkers, en selfs bietjie lietsjie, nou dat ek daaraan dink. Dit het ’n ligte soeterigheid wat dit baie kosvriendelik maak, veral in die geval van sterker gegeurde disse.”

Edmore is deel van die Dish Food & Social-span wat The Red Table reeds sedert sy ontstaan bedryf en werk ten nouste saam met die hoof, Andrea Foulkes.The Red Table exterior LR 4

The Red Table se à la carte-spyskaart bevat kos vir ’n ieder en ’n elk. Pryse begin by R45 vir voorgeregte, R55 vir ligte maaltye, R85 vir hoofgeregte en R50 vir nageregte. Daar word ook vir kinders voorsiening gemaak, asook vir vegetariërs en diegene met spesiale dieetkundige behoeftes.

Spesiale sjefsaanbiedings en spyskaarte wat gereeld verander, is deel van die aanbieding by The Red Table, alles teen redelike pryse.

’n Groot verskeidenheid van Nederburg-wyne is per glas beskikbaar en die volledige reeks per bottel.

 

Handelsure

Maandae:                                Gesluit

Dinsdae tot Sondae:               Middagete van 11:00

 

The Red Table is beskikbaar vir spesiale aandgeleenthede. Reëlings moet vooraf getref word.

Kontakbesonderhede

Tel:                  021 877 5155

Epos:              theredtable (@) nederburg.co.za

Adres:            Nederburg-Wyne, Sonstraalweg, Dal Josafat, Paarl, Wes-Kaap

 

Besoek www.nederburg.co.za vir meer oor die handelsmerk of stuur ’n epos aan nedwines (@)distell.co.za

Volg Nederburg op Facebook, Twitter en Youtube vir die jongste nuus, gebeurtenisse en kos- en wynkombinasies.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi …

Pull up a chair and top up your wine know-how during COVID-19 lockdown

Wine lovers from around the country topped up their wine knowledge during the first online …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.