Tuesday , October 19 2021

Nederburg se Heritage Heroes bring VK se Smaak-Indoenas in beroering!

Nederburg se gourmet-reeks, Heritage Heroes, is besig om indruk te maak op van die voorste smaak-indoenas in die VK.Marco Pierre White Wheelers of St James Threadneedles London - Menu 1 (LR)

Die versameling van vyf wyne, wat vyf persone in Nederburg se geskiedenis vereer, verskyn deesdae op die wynlys van die nuutste restaurant van die beroemdhedechef Marco Pierre White. Die restaurant, Wheelers Rib Room & Oyster Bar, is geleë in die bekende boetiekhotel Threadneedles in Londen.

White, wat ook ʼn gewilde TV-persoonlikheid is, was slegs 33 toe drie Michelin-sterre aan sy restaurant toegeken is. Hy was in daardie stadium die jongste Britse sjef wat hierdie onderskeiding behaal het. (Hy het intussen die sterre teruggegee om die druk wat hulle meebring, te verlig sodat hy meer tyd met sy gesin kan deurbring.) Hy het sjefs soos Gordon Ramsay en die Australiër Curtis Stone opgelei en word deur sommige as die grootoupa van die moderne kookkuns beskou. Hy het verlede jaar sy verskyning op MasterChef South Africa gemaak.

Roger Jones, ʼn restaurateur in die VK asook ʼn internasionale wynbeoordelaar, – skrywer en –adviseur, is veral bekend vir sy hoog gerekende restaurant, The Harrow at Little Bedwyn in Wiltshire, wat bekend is om sy uitsonderlike wynlys. Hy het The Beautiful Lady, die gewűrztraminer in die reeks, onlangs teengekom toe hy die Prowein-uitstalling in Duitsland bygewoon het. Hy het dit in Harpers beskryf as “a beauty”  vir die wyn se “seamless scattering of rose petals (and) Turkish delight nuances”.The Motorcycle Marvel (LR)

Die Heritage Heroes-wyne verskyn ook op die wynlyste van Londen se luukse Guoman-hotelgroep en van die Park Plaza Riverbank.

Naas die aromatiese The Beautiful Lady bestaan die reeks uit twee gehoute witwyne – The Anchorman Chenin Blanc en The Young Airhawk Sauvignon Blanc –  asook twee rooiwyne: die een, The Motorcycle Marvel, is in die Rhône-styl en die ander, The Brew Master, in die Bordeaux-styl.

Die wyne is verkrygbaar van Nederburg, van die Vinoteek in Stellenbosch asook van ʼn klompie spesialishandelaars in die hoofsentrums.

Besoek https://www.vinoteque.co.za/ om van die Vinoteek te koop.

Besoek www.nederburg.co.za vir meer inligting omtrent die handelsmerk.

Volg Nederburg op Facebook (www.facebook.com/nederburg), Twitter (www.twitter.com/nederburg) en Youtube (www.youtube.com/user/NederburgWine)

vir die jongste nuus, inligting oor gebeure en vir idees vir wyn-en-koskombinasies. 

Gesels saam deur #NederburgDiscover te gebruik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi …

Pull up a chair and top up your wine know-how during COVID-19 lockdown

Wine lovers from around the country topped up their wine knowledge during the first online …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.