Tuesday , October 19 2021

Nederburg draai die passieskroef aan met Eat Out

Met passie wat uitgelig is as die belangrikste bestanddeel in die maak van Nederburg se wyne, het die bemarkingspan agter die handelsmerk besluit om met ander passievolle en talentvolle mense wat ’n liefde vir smaak deel, saam te span.

Die gevolg is dat Nederburg die 2014 Rising Star Award borg wat deel uitmaak van vanjaar se Eat Out Mercedes-Benz Restaurant-toekennings. Laasgenoemde wenners word op 16 November tydens ’n glansryke geleentheid by Thunder City in Kaapstad bekend gemaak.Nederburg Heritage Heroes The Young Airhawk NV styled LR

Die Rising Star Award word toegeken aan ’n belowende nuweling op die Suid-Afrikaanse restaurant-toneel, iemand wat volgens die beoordelaars ’n boeiende kosfilosofie het, asook ’n verbintenis om hul kennis te deel. Mense soos hierdie is die toekoms van Suid-Afrikaanse kos. Die wenner sal deur ’n paneel beoordelaars onder aanleiding van Eat Out se redakteur, Abigail Donnelly, aangewys word.

Eat Out sal ook ’n versameling resepte skep wat met wyne uit Nederburg se Heritage Heroes-reeks gepaar is. Elkeen van die wyne is vernoem na ’n persoonlikheid wat ’n vername rol gespeel het in die bou van hierdie wynmakery se reuse-reputasie. Die resepte sal weekliks oor die veldtog se tydperk verskyn in Eat Out se aanlyn-nuusbrief.

“Ons is verheug om die kollig op ’n nuwe kostalent te laat val,” sê Melissa Diedericks, Nederburg se handelsmerkbestuurder in Suid-Afrika, “en sien uit daarna om saam met iemand te werk wat eweveel gedryf voel om uit te blink.”

Hierdie inisiatief is Nederburg se jongste in sy poging om kragte saam te snoer met ander smaaktalente. Die handelsmerk het reeds saamgespan met die bekende koskenner, Pete Goffe-Wood, wat ook ’n beoordelaar op die gewilde MasterChef South Africa-kosreeks is. Nederburg is die wynborg van hierdie weeklikse kosuitdaging wat elke Donderdagaand om 19:00 op M-Net gebeeldsend word tot in die middel van Desember. Goffe-Wood het ’n reeks resepte vir die handelsmerk geskep en hy kan saam met Razvan Macici, Nederburg se keldermeester, gesien word waar hulle kook, proe en paar in drie prettige video-opnames oor souse en wynmaak op http://bit.ly/1ohMPD8 (rooiwyn-reduksie en variasies), http://bit.ly/1tyzfji (Béarnaise- en Hollandaise-souse) en http://bit.ly/1tyzfji (velouté-sous en variasies).

Nederburg het ook vir Thuli Gogela van die vinnig groeiende Mzansi Style–blog, wie se passie vir kook uitgebrei het na wyn, aangestel om ’n versameling resepte te skep, almal gepaar met Nederburg-wyne.

Besoek www.nederburg.co.za vir meer oor die handelsmerk of stuur ’n epos na nedwines@distell.co.za.

Volg Nederburg op Facebook (www.facebook.com/nederburg), Twitter (www.twitter.com/nederburg) en Youtube (www.youtube.com/user/NederburgWine).

Sluit by die gesprek aan deur  #NederburgDiscover #RisingStar te gebruik.

Volg @Eat_Out op Twitter en “like” die Eat Out- Facebook-blad; https://www.facebook.com/EatOutMag.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi …

Pull up a chair and top up your wine know-how during COVID-19 lockdown

Wine lovers from around the country topped up their wine knowledge during the first online …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.