Tuesday , October 19 2021

‘n Fees van aktiwiteite op Nederburg!

Kom Nederburg toe vir ’n fees van kos en wyn tydens vanjaar se Ommiberg Round the Rock-fees wat Saterdag, 7 Maart, van 10:00 tot 18:00 plaasvind.

Daar sal lewende musiek wees deur onder andere 5th Avenue, Mark Haze en Lize Mynhardt, asook die geleentheid om pas geplukte druiwe te trap, die vars geparste mos te proe en die jong wyne van 2015 op die proef te stel.Nederburg Old Cellar Museum LR

’n Spesiale erfeniservaring teen R300 per persoon (nie by die Ommiberg-kaartjie ingesluit nie) word aangebied aan diegene wat die geskiedenis van Nederburg wil verken. Dit sluit ’n glas van Nederburg se verfrissende vonkelwyn by aankoms om 10 vm in, gevolg deur ’n wingerd- en keldertoer en dan ’n besoek aan Nederburg se Old Cellar Museum. The Red Table-restaurant sal daarna ’n smaaklike middagete bedien waartydens gaste die kans sal kry om Nederburg se Heritage Heroes-reeks van vyf wyne te proe. Die wyne is almal vernoem na ’n persoon wat ’n belangrike rol in die geskiedenis van Nederburg gespeel het. Hierdie insiggewende en smaaklike ervaring is beskikbaar vir die eerste 30 mense wat bespreek en vooraf betaal.

Die à la carte-spyskaart van The Red Table bevat ’n hele rits kulinêre hoogtepunte wat deur die nuwe sjef, Edmore Ruzoza, geskep is en gaste se smaakkliere van 11:00 tot 17:00 sal prikkel. Hierbenewens sal kaas- en vleisborde, almal propvol geur, beskikbaar wees van 10:00 tot 18:00.

Buitemuurse bedrywighede soos boules, croquet en Jenga sal ook aangebied word. Ommiberg festivities at Nederburg LR

Daar word ook vir kinders voorsiening gemaak wat betref eet- en drinkgoed, asook vermaak. ’n Springkasteel, ballonkunstenaar en gesigverf sal verseker dat hulle ure lank vermaak sal word.

Nederburg se weeklikse keldertoer sal om 11:00 beskikbaar wees teen ’n bykomende R60 (nie by die Ommiberg-kaartjie ingesluit nie). Hierdie toer sluit ook ’n proe van die beperkte Heritage Heroes-wyne in. Geen voorafbespreking is nodig nie.

Nederburg se wyne sal per glas sowel as per bottel te koop wees en ’n spesiale korting van 10% sal aangebied word op wyne wat by die besoekersentrum gekoop word vir tuisgebruik.

Kaartjies vir die Ommiberg Round the Rock-fees is beskikbaar by Webtickets teen R100 per persoon, of by deelnemende plase teen R120 per persoon. Kinders onder 18 kry gratis toegang.

Om vir die Nederburg-erfeniservaring te bespreek, insluitende middagete, teen R300 per persoon, skakel 021 877 5173 of stuur ’n epos aan nedwines@distell.co.za.

Vir navrae oor The Red Table, skakel 021 877 5151 of stuur ’n epos aan theredtable@nederburg.co.za.

Vir inligting oor die Ommiberg Round the Rock-fees, kontak die organiseerders by 082 787 4118 of info@paarlwine.co.za, of besoek www.ommiberg.co.za.

Besoek www.nederburg.co.za vir meer oor die handelsmerk.

Volg Nederburg op Facebook, Twitter en Youtube vir die jongste nuus, gebeure en idees vir koskombinasies.

Gesels saam deur #NederburgDiscover te gebruik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi …

Pull up a chair and top up your wine know-how during COVID-19 lockdown

Wine lovers from around the country topped up their wine knowledge during the first online …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.