Tuesday , October 19 2021

Maak los jou bolla en maak gereed om mielies te gooi

Na die sukses van “Wys Jou Vleis” wat behoorlik vlam gevat het in 2019 met meer as 4.4 miljoen trefslae op Youtube en kort daarna “Ek Bly ‘n Boer” met meer as 2.2 miljoen trefslae, is die manne van Jan Jan Jan terug met ‘n splinternuwe treffer, “Gooi Mielies”! Maar dit is nie al nie – die groep verwelkom ook ‘n nuwe Jan genaamd MooiJan in hulle nuwe musiekvideo vir dié nuwe enkelsnit op 13 November 2020!

Hierdie opwindende treffer sal aanhangers op hulle voete bring en hulle stembande kliphard laat saam sing terwyl hulle gereed maak vir die feesseisoen wat om die draai is. Op die strand, by ‘n braai, in jou kar of waar okal jy jouself bevind sal dié treffer welkom wees.

Maak los jou bolla en maak gereed om mielies te gooi!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …