Saturday , June 19 2021

John James is almal saam alleen!

Met die huidige gesondheids-krisis op hande lyk dit of dinge begin beter raak, tog is daar nog vele industrië en individue wat swaar kry. Dit het ook weer baie duidelik geword hoe belangrik menslike interaksie vir die psige is en hoe maklik mens in ‘n depressie kan val met die finansiële-en-emosionele druk wat grendelstaat op ‘n mens plaas. Dit is wel die een ding wat almal in gemeen gehad het en sommiges nogsteeds het – eensaamheid. Maar in almal se gesamentlike eensaamheid is daar ook ‘n sekere troos om te weet dat jy nie alleen eensaam is nie.

Almal gaan saam hierdeur – Almal is saam alleen. En so is die sing-rap duo, John James terug met ‘n kragtige boodskap van hoop en eenheid. Waar die vermaaklikheidsbedryf een van die is wat die hardste getref is deur die pandemie, het John James besluit om dit in iets positiefs te verander deur al hulle frustrasies te fokus om iets te skep eerder as om te vernietig.

Hulle nuutste enkelsnit, Almal Saam Alleen maak dit duidelik dat hulle hier is om mense se gemoedere te lig en die video wat die song ondersteun doen juis dit terwyl dit jou sal los met hoendervleis.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …