Saturday , May 15 2021

Ja Nee Lekker vir Die Heuwels Fantasties

Ja.Nee.Lekker strook met titels vir vorige albums waar ons ook tipiese, alledaagse Afrikaanse uitdrukkings ingespan het (soos Wilder as die Wildtuin in 2011 en Alles Wat Mal is in 2012).” Die Heuwels Fantasties

Die Afrikaanse alternatiewe popgroep, DIE HEUWELS FANTASTIES, het 2014 met ‘n skop afgesluit. Hulle het die jaar gegroet met die bekendstelling van die groep se vierde album, Ja.Nee.Lekker. Dit is ‘n album propvol lekker liedjies wat in jou kop sal vassteek.

Shangri-La is die eerste musiekvideo vanaf Die Heuwels Fantasties se vierde album en is in Desember die wêreld in gestuur.

Die video volg in die groep se tradisie om hul reise te omskep in visueel aangrypende musiekvideos; wat hul aanghangers laat voel asof hulle deel in die groep se avonture. Hierdie keer neem Die Heuwels Fantasties hul kykers saam met hulle op ‘n toer wat die groep in Kalifornië onderneem het in Augustus verlede jaar.

Kyk na die Shangri-La musiek video:

Ja.Nee.Lekker. se Snitlys en Beskrywings:

Ja.Nee.Lekker. is ’n album met verskillende lae. Al die lirieke is persoonlik, maar ook so geskryf dat dit universieël toepasbaar is. Die album se sentrale tema is ‘Mense en hul Grense’ wat dui op fisiese, denkbeeldige en persoonlike grense. Hunter Kennedy

  1. Die Skemer Skema: Skemer Skema is ‘n man se informele eksistensiële bepeinsing. Hy vind ‘n heiland in die gedagte dat die sonsondergang nog altyd seker oral min-of-meer dieselfde gelyk het.”
  2. Maanlig in Video: Maanlig in Video is ons probeerslag om ‘n liedjie in die ‘House’ genre te maak. Dis ‘n goeie tyd. Dit beeld ‘n parkeerterrein-partytjie in die styl van tienerjare uit.”
  3. Sy: Sy is ‘n storie oor ‘n meisie van ‘n klein dorpie af.”
  4. Voëlvry (Pieter van der Lügt): Voëlvry is ‘n ‘cover’ van die temalied van die alombekende Voëlvry toer. Die liedjie is helaas nie so welbekend nie en ons het gehoop om dit ‘n bietjie te verander. Die lirieke handel oor seksuele bevryding.”
  5. Kom Haal My: “Kom Haal My is ‘n gesprek wat die spreker se binnekind met hom voer. Daar is ‘n Amerikaanse Indiaan fluit wat gebruik word in die liedjie wat ons op ‘n selfoon opgeneem het in die woestyn in Kalifornië.”
  6. Kan Nie (jou hart vind nie): Kan nie (jou hart vind nie) is ‘n gesprek in ‘n verhouding waar die een helfde voel asof hulle nie heeltemal op dieselfde bladsy is nie.”
  7. Doen net wat jy wil: Doen net wat jy wil is ‘n tipiese sielkundige spel wat paartjies so gereeld met mekaar se gevoelens speel.”
  8. Shangri-La: Shangri-La is ‘n sarkastiese opmerking wat een party na ‘n skeiding in die verhouding maak.”
  9. Nodig ft. Frieda van den Heever: Nodig is ‘n Rou emosie. Die een party in die verhouding se beseffing dat hulle nie sonder die ander helfte kan leef nie.”
  10. Laat Hy Val Waar Hy Wil ft. Laudo Liebenberg: “Laat Hy Val Waar Hy Wil is die spreker wat homself oorlaat aan die lot.”

Ja.Nee.Lekker. is nou beskikbaar op iTunes, musiekwinkels landswyd en by Die Heuwels Fantasties se vertonings.heuwels

Die Heuwels Fantasties seToeps:

iPhone: www.smarturl.it/dhfapp 

Androidwww.smarturl.it/dhfandroid

Die Heuwels Fantasties stuur hul beste wense vir 2015 en hul innige dank vir al die ondersteuning deur die jare.

SKAKELS:

Webwerf: www.dieheuwels.co.za

Facebook: www.facebook.com/home.php#/pages/Die-Heuwels-Fantasties/14155030297

Twitter: @DieHeuwels

SoundCloud: https://soundcloud.com/dieheuwels

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.