Saturday , May 15 2021

God is groot Vol 2 ‘n boodskap van lig en liefde!

In ‘n wêreld vol gejaagdheid en onsekerheid dra ‘God is groot Volume 2’ ‘n boodskap van lig en liefde tot in jou diepste wese!

Dié dubbel-CD album is saamgestel uit 35 snitte vanuit eie bodem en oorsee in Afrikaanse, Engels en selfs ‘n tikkie Italiaans – van alombekende treffers, en nuwe verwerkings van ouer gunstelinge, tot blinknuwe liedjies.  Dis ‘n pragboeket van lofprysing en aanbidding – van rustige, meer akoestiese- en klassieke klanke tot pop en rock – met een ding ten doel: om die Here met stem, kitaar, klavier, dromme, fluit, cello en vele ander instrumente te loof!image003

Snitte op die album sluit onder andere ‘U’s my God’ deur Retief Burger en Riana Nel, ‘Glorious Day’ deur Casting Crowns, ‘Grote almagtige Here’ deur Onbeskaamd, ‘Hy is Jesus’ deur Romanz en Juanita du Plessis, ‘Gebed van die vreeslose’ deur Jakkie Louw en Kevin Leo, ‘God is hier teenwoordig’ deur Leza Liversage, ‘Jerusalem (The Holy City)’ deur Bles Bridges en ‘Shepherd Boy’ deur Kurt Darren in.

Behalwe vir ‘n rits opwindende ateljee-snitte, is besonderse lewendinge opnames van Imagine se ‘How great Thou Art’, Michael W. Smith se ‘Awesome God’ en Joe Niemand se ‘A new day’ ook by die album ingesluit.

Die laaste snit op die album, ‘Glo soos ‘n kind’ deur Nicky de Kock, verdien spesiale melding. Dié 10- jarige se suiwer en jeugdige klank bring die kern van geloof in God opnuut en met ‘n fantastiese, kinderlike eenvoud tuis.

‘God is groot Volume 2’ verenig ‘n wye verskeidenheid musikale style op een album en beloof om jou in tye van groot blydskap en groot hartseer – die valleie en kruine van die lewe en enige iets tussenin – met ‘n kragtige boodskap van lewe, liefde, hoop, genade, vergifnis, vernuwing en seën te ontmoet!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.