Sunday , June 20 2021

Die eerste musiekvideo van Francois van Coke se komende album, Hierdie is die Lewe



Francois van Coke se tweede vollengte album, Hierdie is die Lewe, word op 2 Februarie 2017 uitgereik.

Hierdie een gaan oor die lewe, die goed die kwaad, die liefde en die haat, die verlede, die toekoms en die hede.”  FRANCOIS VAN COKE

Hierdie is die Lewe is ‘n natuurlike progressie op Francois se suksesvolle en bekroonde self-getitelde debuutalbum en kan gesien word as ‘n liriese foto van waar Francois tans in sy lewe is. Die klank is soortgelyk aan die eerste album en Francois bly introspektief.francois-van-coke_mensdom2016_jaco-s-venter-mr

Francois en sy groep, Die Gevaar, het oor ‘n tydperk aan die liedjies geskryf en geskaaf. Hierdie is die Lewe is vervaardig deur Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar se kitaarspeler) en Rudolph Willemse (Francois se baskitaarspeler) by Soft Light City in Bellville. Die dromme is deur Jürgen Von Mechmar by Red Bull Studios in Kaapstad opgeneem.

“Ek het die laaste twee jaar baie na ouer popmusiek geluister, soos Beach Boys en The Beatles wat ‘n defnitiewe invloed op die album se melodieë en klank het. Daar is steeds ‘n paar harde rock ‘n roll nommers en ‘n ook natuurlik ‘n paar ballades,” vertel Francois

Drie maande is lank om te wag, so Francois première die eerste enkelsnit en musiekvideo, Mensdom, vanaf die tweede album op 10 November 2016.

Francois oor Mensdom: “Ons almal het een ding in gemeen, ons lewe, al verskil alles anders.  Die song gaan oor die lewe met foute en oorwinnings. Dit is ‘n grungy blues sing-along oor menswees.”

Hierdie musiekvideo dien as ‘n aptytwekker vir die nuwe album, maar ook om Francois se band, Die Gevaar, voor te stel.

Mensdom – lirieke

hierdie is die lewe

ons word gebore

ons gaan dood

kwaad oor die verlede

mens in beheer

mens hanteer

mensdom
ons raak nie jonger nie
en die dae raak korter

liefde en haat

goed en kwaad

ons moet aanhou vorder

mens-senuwees

menswees

mensdom
ons raak nie jonger nie
ek is hier gebore

per ongeluk

op die aarde

hierdie is die lewe

mens vir my mense

menslik

mensdom 

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za

Twitter: @FrancoisVanCoke

Facebook: francois.vancoke

Instagram: francoisvancoke

 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n …

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, …