Christia Visser bederf met ‘n nuwe enkelsnit!

Christia Visser beskryf die styl van haar debuut-album as pop en indie-pop maar sy hou van ‘n wye verskeidenheid musiek. Met die keuse van die liedjies vir haar album, Gemaklik Verlore, het sy haarself gevra: “Does it touch me in some way? Sit dit die liggies aan? As dit my liggies aansit, then we go with it”. Die meeste van die skryfwerk is tydens grendeltyd gedoen wat haar gebring het tot by haar nuutste enkelsnit “Ek is net ‘n mens”.
“Dis eintlik so bietjie van ‘n ‘kap’ na celebrity status, veral in hierdie tye. Lockdown het gebeur en ek het al hierdie mense gekry wat boodskappe van inspirasie van my af gesoek het en ek moet vir hulle sê dat dit okay gaan wees maar in my hart week ék nie eens of dit okay gaan wees nie. Die liedjie gaan daaroor dat ek net ‘n mens is en ek sal help waar ek kan, but I can’t be your survivor”. – Christia Visser