Saturday , May 15 2021

Afrikaanse Musiek

Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n werkswinkel aan waar kleuterskoolonderwysers opgelei sal word om deur middel van musiek en ’n sensoriese tuin speel-speel saam met hul leerders fyn motoriese vaardighede en kennis te ontwikkel. Dertien (13) liedjies uit die FAK-Sangbundel II …

Lees meer

Nuwe album vir Elandre!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, goue album, dubbel-platinumstatus en met sy splinternuwe derde album, Rugsak, is Elandré sak-en-pak op pad na die volgende bergpiek. Sommer so uit die staanspoor is een ding duidelik: Hierdie is nié ‘n album wat homself …

Lees meer

Christia Visser bederf met ‘n nuwe enkelsnit!

Christia Visser beskryf die styl van haar debuut-album as pop en indie-pop maar sy hou van ‘n wye verskeidenheid musiek. Met die keuse van die liedjies vir haar album, Gemaklik Verlore, het sy haarself gevra: “Does it touch me in some way? Sit dit die liggies aan? As dit my liggies …

Lees meer

Die Voortrekkers gaan groot in 2021 en trap steeds vandag diep spore!

Die Voortrekkers vier vanjaar hulle 90ste verjaarsdag. Om dié groot mylpaal te vier, is ‘n spesiale feeslied, DIE SPORE WAT ONS LOS, pas bekendgestel. Die lied word gesing deur die baie gewilde en talentvolle, Adam Tas. “Dit is ’n baie groot voorreg vir my om dié lied te sing. Ek is ’n …

Lees meer

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op sy nuutste album “Twintig20” kry hy nogsteeds sy positiewe en opbouende boodskap daar buite met liedjies soos “Sterk soos ‘n Leeu” en “Ons maak saak” (ft. Elandré , Christia Visser & Refentse), wat reeds verlede jaar …

Lees meer

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & Bok van Blerk) aangekondig as die eerste Afrikaanste treffer wat meer as 10 Miljoen trefslae bereik het op youtube na sy vrystelling op 14 Junie 2016. Dié musiekvideo bly groei en staan reeds op 12.4 …

Lees meer

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars met treffers soos Sewe Oseane, Napoleon en Dinge, asook ‘n Ghoema-Toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar ins 2016. Na 5 jaar sien haar langverwagte ateljee-album Hartsland, die lig vroeg in April 2020. Met aanloop na die …

Lees meer

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer en suksesvolle ondernemer met haar liefde vir modeontwerp en eie klerereeks. Dit is nie haar enigste talent en liefde nie. . . Nou betree sy die Afrikaanse musiekbedryf met haar eerste solo-enkelsnit, The Sass en …

Lees meer

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, maar een ding wat seker is, is dat Brendan Peyper se Twintig20 album nie terugstaan vir enige hindernis nie. Na ‘n jaar van Sterk Soos ‘n Leeu op sy lekker trekker dans met ‘n Vasdanslyf …

Lees meer

Maak los jou bolla en maak gereed om mielies te gooi

Na die sukses van “Wys Jou Vleis” wat behoorlik vlam gevat het in 2019 met meer as 4.4 miljoen trefslae op Youtube en kort daarna “Ek Bly ‘n Boer” met meer as 2.2 miljoen trefslae, is die manne van Jan Jan Jan terug met ‘n splinternuwe treffer, “Gooi Mielies”! Maar …

Lees meer