Zurilda se nuwe enkelsnit: 50 Shades van grys pas vrygestel!

47

In Latyns beteken haar naam vegter! Zurilda is talentvol, beeldskoon en spog met ‘n hele paar KWF Karate-wêreld-titels.  Maar musiek bruis ook in dié Suid-Afrikaanse en wêreldvegkunskampioen se are.

Dié Oos-Rander is instinktief, sensitief en deernisvol.  Sy is versigtig en konserwatief in haar leefwyse. Met haar energieke, vriendelike en vrolike geaardheid vertolk sy haar nuutgeskrewe liedjies met gevoelvolle passie. Sy het haar vernuf as liedjieskyrwer bevestig met die uitreiking van haar debuutalbum. Twee van daardie oorspronklike liedjies – Val vir my en Swart – het albei die eerste plek op verskeie radiostasies landwyd bereik.

Sy woel nou kreatief aan haar opvolgalbum. Die eerste enkelsnit heet 50 Shades van grys.

Die lied is weer uit haar kreatiewe pen, vervaardig deur Ferdi Skead, wat bekend is vir die groot treffer Gooi jou suiker op my wat deur Dirk Van Der Westhuizen gesing word. Met hierdie treffer voeg Zurilda ‘n opwindende internasionale klank aan Afrikaanse musiek toe: moderne energiegedrewe popdans. Die lirieke lui: “Kan jou wêreld skud, jou op jou knieë sit; sê my hoe sê jy nee vir dit?”

Zurilda is leergierig en wil alles weet en verstaan. Daarom probeer sy mooi luister en leer by elke nuwe persoon wat sy ontmoet.  Sy is gelukkig, gemaklik en tevrede.

Sy wil altyd net dit doen waarvoor sy lief is, musiek maak, altyd groei en vooruitgaan.  Die belangrikste ding vir haar is om goeie verhoudinge te bou en met die regte mense die pad te stap wat saam met haar droom en in haar glo.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments