Woensdag , Desember 12 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Xander Joubert stel tweede enkelsnit bekend!

Xander Joubert stel tweede enkelsnit bekend!

Die aantreklike donkerkop-sanger, Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing is vroeër vanjaar uitgereik en was ongelooflik goed deur radio landswyd ontvang.  Nou, gedurende die laaste gedeelte van 2019 stel Xander sy tweede enkelsnit, BLUS MY, bekend.

BLUS MY is geskryf, verwerk en vervaardig deur Werner Beukes en gaan oor ‘n ou wat baie verlief is op ‘n meisie en allerhande emosies en gevoelens ervaar.  Die liedjie is metafories geskryf en die konsep gaan daaroor dat die meisie soos vuur vir hom is.  “Mens ervaar mos maar so ‘n warm gevoel wanneer ‘n ander persoon jou belangstelling prikkel.  In hierdie geval raak dit so erg dat die ou sal smelt as sy hom nie blus nie”, sê Xander met ‘n glimlag.

Luisteraars gaan verseker aanklank vind by hierdie liedjie.  Daar is ‘n unieke pop klank in die liedjie ingebring en mense gaan beslis saam sing en dans.

Xander is passievol oor musiek en werk al vir die afgelope sewe jaar hard daaraan om sy droom te verwesenlik. Sy sangtalent is reeds op hoëskool ontdek, toe ’n juffrou hom Die Volkslied hoor sing het en genooi het om deel te neem aan ’n kompetisie, waarin hy baie goed gevaar het. Dit is ook hier waar die musiekgogga hom behoorlik gebyt het. Daarna het hy besluit om vir stemafrigting te gaan en het hy verskeie ander kompetisies gewen, wat vir hom – na skool – ’n kontrak by Majorca losgeslaan het.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @XanderJoubert

Instagram: @xander.joubert.co.za

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Hammie se musiekvideo is hier!

Hammie se heel eerste musiekvideo is hier! Gaan Bruce Lee vir Bibi red…? Kyk die …

Jo Black maak groot nuus bekend!

Kersfees het vroeg gekom hierdie jaar vir Jo Black!  Na die weghol sukses van sy …