Saterdag , September 22 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Wynand Strydom se weergawe van GEBED bekendgestel

Wynand Strydom se weergawe van GEBED bekendgestel

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.  Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.  Sy splinternuwe album, SKIELIK IS JY VRY, is ‘n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op die 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, GEBED, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik.  Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ‘n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en GEBED is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat oppad is.

Die hele album sal bestaan uit snitte uit Koos du Plessis se pen, wat wissel tussen gewilde treffers en ander minder bekende liedjies.

Die musiekvideo vir hierdie treffende lied word op Maandag, 9 Julie 2018 om 12h00 bekendgestel.

Luister solank hier na die liedjie:

Twitter: @wynandstrydom

Facebook

Instagram: @wynand_strydom

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

DIE GELOFTE vir die eerste keer in Afrikaans!

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en DIE GELOFTE vir die eerste keer …

Adam Tas se nuwe album is hier!

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom …