Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Wynand Strydom se nuwe musiekvideo van GEBED dwing jou tot stilte!

Wynand Strydom se nuwe musiekvideo van GEBED dwing jou tot stilte!

Wynand Strydom se eerste enkelsnit, GEBED, vanaf sy agste solo-album, SKIELIK IS JY VRY, wat op 13 Julie 2018 uitgereik word, is verlede week vrygestel en die musiekvideo vir hierdie ongelooflike lied het ook pas die lig gesien.  SKIELIK IS JY VRY is ‘n album met snitte uit Koos du Plessis se pen.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunsteling liedjies op een album op te neem. GEBED is een van Koos se liedjies wat nie vra vir oorbode storielyne in ‘n musiekvideo nie. Dit gaan absoluut oor die lirieke en ek wou nie gehad het dat ‘n besige video afbreek daaraan doen nie.  Dit is ‘n baie gewyde lied en ek dink dit is iets wat die video perfek vasvang. Intiem en eenvoudig soos Koos dit sou wou gehad het,” vertel Wynand.

Die video is vervaardig deur De Wet Wright van DW Creative en is in die pragtige dorpie, Riebeeck Kasteel, in die Kaap geskiet.

Die lewe en die draaie wat dit loop, is sy grootste inspirasie wanneer hy musiek skryf en hy het groot bewondering met sangers soos Leonard Cohen, Johnny Cash en Kris Kristofferson.

Wynand is ook besig om die nuwe album te omskep in ’n teaterstuk. “Ek glo dat dit nodig is vir almal om Koos se musiek te ervaar. Om saam met mense te werk wat hom geken het, soos Laurika Rauch en Amanda Strydom, sal ook vir my ’n groot voorreg wees” verklap die gewilde sanger.

Wynand het in Pretoria grootgeword, maar het in 2006 na die Weskus verhuis en woon tans saam met sy vrou Chereé en twee dogters in Langebaan. Hulle het reeds drie duet-albums saam opgeneem en ’n nuwe een word vir die nabye toekoms beplan.

SOSIALE MEDIA

·         Twitter: @wynandstrydom

·         Facebook

·         Instagram: @wynand_strydom

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied!

Is dit Pitbull..?! Dalk Jack Parow..?! Nee wag, dit lyk mos soos Queen… of is …

Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Die bekende en sekerlik een van die grootste kuierplekke in Pretoria, Weiveld, gaan ruk en …