Wonderlus lokprent vrygestel!

49

Die vrystellingsdatum van die bekroonde rolprent, Wonderlus is vanoggend amptelik bekend gemaak. Dié speelfilm, wat drie kykNET Silwerskermfees-toekennings opgeraap het – Beste teks (Johan Cronje), Beste byspeler (Beer Adriaanse) en Beste aktrise (Lea Vivier) – sal op 27 April 2018 landwyd begin draai. Wonderlushet Silwerskermfeesgangers vanjaar gaande gehad oor die vars blik wat dit op van die grootste ou vrae gee: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy moet en wat jy wil?

Wonderlus speel af by ‘n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om die groep vriende wat die volgende oggend al die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: ‘n Bruidegom moet die liefde van sy lewe agternasit; die bruid moet probeer om haar hede te ontsnap en ‘n kelnerin moet haar losknoop van haarself.

Kyk die lokprent hier:

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Die film kom uit die pen van Johan Cronje (Strikfontein en Phil101) en word vervaardig deur Nouvaaand Films (Hotel 1 & 2, Sterlopers, Buurtwag en Hartstog)

Met:      Edwin van der Walt (Die Pro, My Fathers War, Waterfront)

Mila Guy (Liewe Kersfeesvader, Hotel 1 & 2)

Simoné Nortmann (Vir die Voëls, Vuil Wasgoed, Hotel 1 &2)

Stiaan Smith (Sy Klink soos Lente, Vuil Wasgoed, Phil101)

Beer Adriaanse (Buurtwag, Hotel 1 & 2)

Adam Heyns (Buurtwag)

Lynelle Kenned (West Side Story, Jý Geld, The Sound of Music)

Ansu Visser (chatNOU!)

Lea Vivier

Marvin-Lee Beukes (Die Byl, Waterfront)

 

Draaiboek, regie en redigeerder:  Johan Cronje

Kinematograaf: Devin Tosseli

Kostuumontwerp: Sulet Meintjies

Produksie ontwerp: Waldemar Coetsee & Chirs Joubert

Vervaardigers: Scharl van der Merwe en Zandré Coetzer

Mede-vervaardiger: Chánél Muller

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie