Home / Afrikaanse flieks en Teater / Wonderlus film binnekort in die VSA te sien!

Wonderlus film binnekort in die VSA te sien!

Die kykNET-film Wonderlus is deur die Phoenix-filmfees gekies om volgende jaar mee te ding in hul World Cinema-kategorie. Die fees vind plaas vanaf 5 – 15 April 2018 in Arizona, VSA.

Wonderlus speel af by ’n troue wat lelik ontspoor. Dit draai om ’n groep vriende wat die volgende oggend al die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: Die bruid en bruidegom is weg, maar die geheimsinnige kelnerin hou dalk die sleutel tot almal se vrae. 

Dié speelfilm is verlede jaar by die kykNET Silwerskermfees met drie toekennings bekroon – Beste teks (Johan Cronje), Beste byspeler (Beer Adriaanse) en Beste aktrise (Lea Vivier). Die film word op 27 April 2018 landwyd vrygestel.

 Wonderlus kom uit die pen van die draaiboekskrywer-regisseur Johan Cronje (Strikfontein en Phil101) en word vervaardig deur die SAFTA-bekroonde vervaardigers Nouvanaand Films (Hotel 1 & 2, Sterlopers, Buurtwag en Hartstog).

Brand jy om te bieg oor ‘n donker gedagte of diepe geheim? Gaan na Wonderlus.com en vertel ons.  Vanaf Sondag 11 Maart deel ons van hierdie stories anoniem onder #sesvandiebestes op Instagram.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Suid-Afrika se gunsteling-komediant is terug op die grootskerm!

Hou vas aan jou sitplek want die grapjas, Leon Schuster, is terug met ’n splinternuwe …

Binnelanders se nuwe gesigte!

Van Junie af is daar heelwat nuwe dinge om na uit te sien in BINNELANDERS …