Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Music / WONDERboom stel nuwe musiekvideo bekend!

WONDERboom stel nuwe musiekvideo bekend!

“Die konsep vir hierdie vreemde fantasieverhaal oor ’n hart wat gebreek word, was die breinkind van Roger Williams,” verklap Martin Schofield. “Ons wou iets donker, maar lighartig, doen om te wys dat jy jouself nooit te ernstig moet opneem nie.”

Om die ongelooflike reis wat hulle sover gehad het te vier, gaan WONDERboom vanaf Augustus 2018 deur Suid-Afrika toer. Oor die rede agter hulle The Best Side Story-toer, verklap die groep: “Ons gewone vertonings is rockkonserte, waar ons die gehoor opgewonde en aan die gang hou. Hierdie is egter ’n rustiger tipe vertoning wat ’n storie vertel en die gehoor uitnooi om te deel in van ons mees intieme ervaringe. Soms is die stories agter sekere liedjies nie wat mense dink nie en nou het ons die geleentheid om daardie stories te vertel. Met die The Best Side Story-toer hoop ons dat luisteraars ons beter sal leerken; individueel en as ’n groep.” Hulle voeg verder by dat ’n toer die perfekte manier is om vir mense en by plekke op te tree waar hulle nie gewoonlik doen nie.

WONDERboom sal op die volgende datums vertonings hê, regoor Suid-Afrika:

31 Aug – Rustique Boutique, Middelburg

06 Sept – Barnyard Silverstar, Krugersdorp

15 Sept – Casalinga, Muldersdrift

21 Sept – Barnyard Plett

22 Sept – Vinyl, Cape Town

23 Sept – Café Roux Noordhoek, Kaapstad

27 Sept – Barnyard Emperors, East Rand

28 Sept – Barnyard Rivonia, Johannesburg

13 Okt – Barnyard Casterbridge, Witrivier

25 Okt – Musiekskuur (Rockwood Theatre), Pretoria

26 Okt – Caversham Mill, KwaZulu-Natal

03 Nov – Die Ou Pastorie, Brits

10 Nov – Radium Beer Hall

WONDERboom is in 1996 gestig en bestaan uit Cito (voorsanger/ kitaar), Martin Schofield (kitaar/ sanger) en Wade Williams (baskitaar), die stigterslede wat al vir twee-en-twintig-jaar saam liedjies skryf en optree. Jonathan Bell (dromme) het in 2013 by hulle aangesluit, nadat hulle oorspronklike dromspeler, Garth McLeod, oorlede is. Die groep se naam is geïnspireer deur ’n straatbordjie wat na ’n klein dorpie net buite Kroonstad verwys. “Ons hou daarvan dat dit vir verskillende mense, verskillende betekenis inhou,” verduidelik Cito.

WONDERboom is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se grootste musieksuksesverhale, en hulle nuutste projekte – van Praying Mantis tot The Best Side Story Tour – bou voort op die stewige fondasie wat hierdie plaaslike rock-legendes reeds vir hulself gevestig het.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @WONDERboomBand

Instagram: @wonderboomband

SoundCloud

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Apple Music presents an exclusive playlist of “101 Songs That Never Get Old”!

Karen Zoid’s talent and passion for music has made her one of the top musicians in …

Sky Ocean ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit!

Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer …