Windhoek Oktoberfest 20 – 22 Oktober!

108

Namibië Brouery bied vanjaar die tradisionele Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry in Durbanville oor `n hele naweek aan vanaf Vrydag tot Sondag. Verwag spesiaal gebroude Festbier, eg Duitse speletjies en kos. Daar is ook optredes deur die Duitse groep Kirchdorfer, wat direk van die Munich Oktoberfest vlieg om ook hier te kom optree. Vrydagaand is slegs vir groepe van 18 jaar en ouer terwyl Saterdag en Sondag oop is vir die hele gesin.

Die opening van die biervat vind plaas op Vrydagaand 20 Oktober. Met die uitroep “O`zapft is!” word die eerste bier tradisioneel oorhandig aan die burgemeester wat dan verklaar dat die Oktoberfest amptelik ge-open is. Die Reinheitsgebot wat in 1516 ingestel is, verseker `n suiwerder, meer volmaakte bier, deur die beperking en regulering van die bestanddele wat in Bavariese bier -produksie gebruik kan word. Wat Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry ekstra spesiaal maak, is dat hierdie wet ook toegepas word met die brou van al die bier-soorte wat by die fees beskikbaar gaan wees. Daar is onder andere `n spesiale Festbier wat vir die Oktoberfest gebrou word deur die braumeister, Christian Muller.

Oktoberfest, die wêreld se grootste bierfees, word jaarliks ​​in Munich, Duitsland gehou. Die eerste Oktoberfest het in die jaar 1810 plaasgevind ter ere van die Bavariese kroonprins Ludwig se huwelik met prinses Therese von Sachsen–Hildburghausen. Oor die eeue heen het dit gegroei tot een van die belangrikste tradisionele feeste in die Bavariese kultuur. Ander stede regoor die wêreld hou ook Oktoberfest -vieringe wat geskoei is op die oorspronklike Munich gebeurtenis. Hier in Suid-Afrika, sal een van die mooiste plekke in die Kaap, Hillcrest Quarry in Durbanville Wynland, gasheer speel vir die 2de amptelike Windhoek Oktoberfest in Kaapstad, aangebied deur Namibië Brouerye.

Tipies aan Oktoberfest gaan daar ook tradisionele speletjies op die program wees, onder andere “Stamm-sägen” (hout- saag); “Bierstemmen” (Bier oplig);“Hau den Lukas”, Nageln ensovoorts.

Hartlief, bekend vir sy hoë kwaliteit koue vleise, sal sorg vir heerlike tradisionele Duitse kos. Daar sal onder andere Weisswurst, Eisbein en Bratwust mit Sauerkraut op die spyskaart wees.

 

Die hekke maak Vrydag 18h00 oop / Saterdag 12h00 en Sondag 12h00.

Kontak vir meer inligting: 061 004 7410 and info@eventsandmore.co.za

Sosiale media en web:

Facebook

Twitter:   @WindhoekOktfest

Instagram

Website

 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments