Vrydag , Augustus 17 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Die bekende en sekerlik een van die grootste kuierplekke in Pretoria, Weiveld, gaan ruk en rol eerskomende Vrydagaand, 13 Julie 2018!  Daar is groot opwinding in die lug want die baie gewilde JAY tree op met die voorvertoning wat deur die “SOMMER” sangeres, Geraldine Scholtz behartig sal word.

Wat egter vir addisionele opwinding sorg is dat die nuwe amptelike Weiveld Tune ook eerskomende Vrydagaand bekendgestel sal word!  Wie die sanger is wat dié nuwe liedjie gaan sing wil Rex van Deventer, venoot van Weiveld, gladnie sê nie:  “Dit is ‘n baie groot geheim, maar wat ek wel kan sê is dat mense weggeblaas gaan word!  Dis anders en nuut en die liedjie pas Weiveld soos ‘n handskoen.  Die gehoor is in vir ‘n lekker verrassing!”, sê hy opgewonde.

Die liedjie sal eksklusief op Weiveld Tunes Vol. 3 wees wat later in die jaar uitgereik sal word.  Weiveld Tunes Vol. 2 het gedurende 2017 goue status bereik.    Toegan kos R80 per persoon.  Weiveld is gelee op die Hoek van Graham en Boschkop, Zwavelpoort, Pretoria Oos.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

[kyk] Elizma Theron se nuwe musiekvideo is hier!

Elizma Theron se nuwe album Hierdie hart brand liefde is ‘n viering van die lewe …

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …