Dinsdag , Julie 16 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Wegbreek-vakansie storielyn vir BINNELANDERS!

Wegbreek-vakansie storielyn vir BINNELANDERS!

Louis Koster (Germandt Geldenhuys) wil ‘n romantiese mini-vakansie vir hom en Naomi (Je-ani Swiegelaar) reël – en hy verras haar met ‘n mini-vakansie by ‘n selfversorgingseenheid op At (Hans Strydom) se buurman se plaas. Ongelukkig vir Louis is Naomi nie te gretig om alleen saam met hom weg te gaan nie, want sy wil dinge hierdie keer reg doen… Voorheen het dinge nie uitgewerk met haar verloofde, Ferdi, nie, en sy wil nie weer hierdie keer ‘n kans neem en dinge uit die staanspoor oorhaastig of ‘verkeerd’ doen nie.

Louis besluit dan om die bespreking vir haar te gee, sodat sy en haar vriendinne dit kan benut – maar dinge verloop nie volgens plan vir die groepie nie.

Volg die avonture van Karli du Preez (Pascal Pienaar), Chanel Samuels (Lindsey Abrahams), René Spies (Simoné Nortmann) en Naomi Ferreira (Je-ani Swiegelaar) vanaf 20 Maart – en sien waarop hierdie trippie afstuur.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Bennie Fourie speel onwaarskynlike held in nuwe Quentin Krog-rolprent

Een les wat die lewe graag vir ’n mens wil leer, is dat niks ooit …

14de Leipoldt Kuier op Leipoldtville groter as ooit

Na dertien suksesvolle feesjare is die Leipoldt Kuier terug vir ’n veertiende keer en groter …