Saterdag , September 22 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Wat van Afrikaans is vir jou #onmisbaar?

Wat van Afrikaans is vir jou #onmisbaar?

Wat van Afrikaans is vir jou #onmisbaar? Laat weet Afrikaans.com. Jy kan nou ook WhatsApp.

Afrikaans.com se jongste veldtog wil weet wat van Afrikaans is vir jou besonders. Laat weet ons gerus op sosiale media (Facebook, Instagram) met die hutsmerk #onmisbaar, maar onthou om Afrikaans.com te tag.

Die goeie nuus is dat ons nou ook ’n WhatsApp-nommer het – 064 652 6873. So WhatsApp ons gerus en laat weet wat is die waarde van jou taal en hoekom is Afrikaans so belangrik en besonders vir jou. Onthou ook om te sê wie jy is en waar jy vandaan kom en gebruik die hutsmerk #onmisbaar. Afrikaans.com hoor graag van jou! Koester jou hartstaal. Net weer die WA-nommer: 064 652 6873.

FAK- Internasionale Afrikaans-ekspo: Skryf vir jou en jou skool ’n prys los

Leerders van graad 6 tot 12 en studente kan nou deelneem aan die FAK se Internasionale Afrikaans-ekspo. Dit is ’n skryf- en kreatiewe kunstekompetisie. Inskrywings is gratis. Die sluitingsdatum is 31 Julie 2018. Gaan kyk gerus op Afrikaans.com se webtuiste (www.afrikaans.com) onder Taalnuus om meer oor die kompetisie te lees en hoe jy moet maak om deel te neem en ook waar jy meer kan lees oor die riglyne en voorskrifte.

www.afrikaans.com

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Ongelooflike ondersteuning vir die bekroonde Ellen Pakkies-film!

ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE is op Vrydag, 7 September 2018, amptelik vrygestel in plaaslike …

Opwindende tyd vir NOMMER 37!

Die Ghoema-benoemde kletsrymer, LINKRIS THE GENIUS, het pas die musiekvideo van sy treffer, NOMMER 37, …