Vuil Wasgoed – Vandag in teaters landswyd!

108

Die bekroonde film, VUIL WASGOED, is van vandag af landswyd in teaters te sien!

Die film het onlangs by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai weggestap met vyf toekennings vir Beste Regisseur (Morné du Toit), Beste Redigering (Quinn Lubbe), Beste Akteur (Bennie Fourie), Beste Produksieontwerp (Merishen Wessels) en Beste Klank Ontwerp en Oorspronklike Musiek (Benjamin Willem). Die film is ook aanvaar om te speel by die Portland Internasionale Filmfees.

Wim en Kevin droom al vir jare van hulle eie koffiewinkel, maar terwyl hulle wag om dié droom te bewaarheid, werk hulle tydelik in ’n klerewassery. Die probleem is dat ‘tydelik’ sewe jaar geword het en dat die hoogtepunt van hulle bestaan steeds die leen van hulle kliënte se klere is om snags partytjies te ‘crash‘.

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Hierdie stelsel werk goed. Kevin is selfs naby daaraan om die liefde van sy lewe te kry, tot ’n onderduimse juweelhandelaar verraai word, sy vinger afgesny word en dié vinger in ’n baadjiesak by die wassery opeindig. Teen hulle wil word Wim en Kevin in ’n gevaarlike onderwêreld ingesleep. Kort op hulle hakke is twee broers met ’n rash, ’n blinde handlanger, twee top-polisiebeamptes en ’n ongenaakbare verraaier. En iewers staan ’n skeepsvraghouer met ’n kosbare vrag en wag vir die hele spul om toe te sak.

VUIL WASGOED, ’n film deur The Film Factory, se draaiboek is geskryf deur Bennie Fourie, word vervaardig deur Danie Bester, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, met Morné du Toit aan die stuur van die regie. Die rolverdeling sluit in Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Tim Theron, Stiaan Smith, Nico Panagio, Charlie Bouguenon, Simoné Nortmann, Leandie du Randt Bosch en meer. VUIL WASGOED word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment.

“Mens skryf die storie vir maande alleen in ‘n kamer, dan kom ‘n groepie dapper mense en maak die storie vir die massas om te geniet. Diep dankbaar die dag is hier!” – Bennie Fourie, Skrywer en Akteur.

“Vuil Wasgoed is die tipe film wat ‘n mens van droom om te maak. Dit was sonder twyfel die beste span en die meeste pret wat ek nog ooit gehad het as regisseur. Ons is ontsaglik trots en opgewonde om hierdie film uiteindelik met die publiek te deel.” – Morné du Toit, regisseur.

“Vuil Wasgoed is vir my so vars en herdefinieer ons interpretasie van die komedie genre in Afrikaans. Ek is voorwaar trots om deel van hierdie spesiale projek te wees.” – Danie Bester, Vervaardiger.

Kyk die VUIL WASGOED lokprent hier!

VUIL WASGOED Kontak:

Facebook

#VuilWasgoed #DankieDatJyHierWas #8Des2017 #WashAPleasure

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie