Die somer is byna hier, met baie meer tyd vir buite wees met familie en vriende en heerlike kos en wyn wat by die sonskyn pas.
Hier is ʼn voorstel vir ʼn gesofistikeerde dog maklike gereg wat ideaal geskik is vir hierdie tyd van die jaar. Die resep vir ʼn gerookte salm- en braai-aartappelslaai met ʼn romerige dillesous het ons te danke aan die bekende plattelandse sjef Johan van Schalkwyk. Dit is gou en maklik om te maak en pas uitstekend by die 2015 Drostdy-Hof Chardonnay.
Die romerigheid van die gereg vind weerklank in die wyn se ryk, gladde en romerige tekstuur terwyl laasgenoemde se tropiese en sitrus-aromas en subtiele eikspesery die geur van die lig gerookte salm aanvul.
Drostdy-Hof verras en verheug almal met hoe lekker dit drink en die uitstekende waarde wat dit bied. Die handelsmerk is ʼn groot gunsteling van Suid-Afrika tot die noorde van Europa. Dis verfrissend en afgerond en bied tipies Suid-Afrikaanse gulhartigheid van die eerste teug.
Die 2015 Chardonnay is beskikbaar in 750 ml bottels en 3-liter tapvate. Pryse by drankwinkels wissel van R40 tot R95.
Resep: Liggerookte salm- en braai-aartappelslaai met ʼn romerige dille- en mostertsous, bedien met 2015 Drostdy-Hof Chardonnay
Bestanddele:
4 x150g liggerookte salmfilette – vel af en grate uit (kan ook salmforel as ʼn goedkoper alternatief gebruik)
Olyfolie, vir braai
Botter, vir braai
3 takkies vars tiemie
400g jong aartappels, halfgaar gekook en dan in die lengte in vier stukke gesny
Sonneblomolie, vir diepbraai
120g vars groen aspersies, geblansjeer (opsioneel)
120g jong groenbone, geblansjeer
120g mange tout, geblansjeer
50g spriet-uie
100g gemengde slaaiblare
120g Deense feta
Sout en swartpeper
Vir die slaaisous:
5g vars of gedroogde dille
2 eetlepels roomkaas
Sap van twee suurlemoene
1 eetlepel volgraanmostert
1 eetlepel gladde Dijon-mostert
125ml olyfolie
1 teelepel strooisuiker
Sout en witpeper
Metode:
Slaaisous
[if !supportLists]· [endif]Meng al die bestanddele uitgesonderd die olyfolie in ʼn menger.
[if !supportLists]· [endif]Voeg die olyfolie geleidelik by en meng weer tot al die bestanddele behoorlik geïntegreer is.
Aartappels
[if !supportLists]· [endif]Verhit die sonneblomolie in ʼn groot pot of diep braaier tot 180°C.
[if !supportLists]· [endif]Diepbraai die aartappels tot hulle goudbruin en bros is, haal uit en plaas op kombuispapier sodat die olie kan wegdreineer, strooi sout en peper oor na smaak.
Salm
* Verhit ʼn bietjie olyfolie en ʼn klont botter in ʼn dikboompan oor medium hitte.
* Gooi die tiemie daarin en wag tot dit plof.
* Strooi na smaak sout en peper oor die vis en braai vir ʼn minuut aan die een kant en nog
ʼn minuut aan die ander.
* Haal uit die pan en hou warm. (Die salm moet nog donkerpienk binne wees.)
Slaai
[if !supportLists]· [endif]Plaas die slaaiblare, spriet-uie, aspersies, groenboontjies en mange tout in ʼn groot bak en giet die slaai-olie geleidelik oor, meng totdat die blare behoorlik daarmee bedek is.
[if !supportLists]· [endif]Verdeel die slaai gelykop tussen vier bakkies, plaas ʼn salmfilet daarop met die aartappelskyfies daarom heen.
[if !supportLists]· [endif]Bedruip die salm met enige oortollige slaaisous en krummel die feta daaroor.
[if !supportLists]· [endif]Bedien terwyl die salm en aartappels nog warm is tesame met ʼn glas verkilde Drostdy-Hof Chardonnay – en geniet dit!
Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer inligting omtrent die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).
Gesels saam deur #RealWineRealMoments te gebruik.