Woensdag , Maart 27 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Vegas Gooi Gooi Gooi ft Malema

Vegas Gooi Gooi Gooi ft Malema

Die komende Maandag, 15 September 2014 is nie jou normale blou Maandag nie. “Dis die beste tyd van jou lewe” soos Vegas dit noem…

Vegas se nuwe CD is van vandag af beskikbaar landswyd. Hier is solank ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag:

Die VEGAS projek is ‘n samevatting van jare se gedagtes, stories en drome wat gedaante vind in klanke wat oor jare al deur sy are bruis. Met sy musiek bring hy eer aan sy eie Rock ’n Roll helde van kindsbeen – ouens soos Freddie Mercury en Elvis Presley. Screen Shot 2014-08-31 at 7.56.37Sy musiek kan beskryf word as ‘n eklektiese vermenging van Rock ’n Roll en power-pop afgerond met elektroniese klanke kenmerkend van die tagtigerjare. Die lirieke is eerlik en gevul met kwinkslae wat jou laat terug verlang na ’n vroeëre, vergange tyd. Dis boonop amper onmoontlik om daarna te luister sonder om te glimlag, en vir ’n oomblik jou bekommernisse te vergeet nie. Die VEGAS projek poog om die gaping in Afrikaanse kommersiële musiek te vul – en met sy energieke vertonings en puik produksies sal hy ‘n nuwe era in die Suid Afrikaanse pop-musiek industrie binne-lei.

Soos hy self verduidelik: VEGAS is die antwoord vir die beste tyd van jou lewe. My boodskap is eenvoudig. Skilder jou perfekte prentjie. Bekommer jouself minder oor die klein dingetjies waaroor ons nie beheer het nie. Wees lief vir jouself en jou naastes. Bly strewe na jou perfekte lewe. Dans en Droom.’
Ondersteun hom in sy opmars. Die beste tyd van jou lewe gewaarborg.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om …

Nuwe Afrikaanse Duo stel eerste enkelsnit vry!

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.