Vaselinetjie – Het jy al dié fliek gaan kyk?

414

Die bekroonde jeugroman, ‘VASELINETJIE’, deur Anoeschka von Meck, se filmweergawe is Vrydag in teaters landswyd vrygestel. Die film, vervaardig deur The Film Factory en Red Letter Day Pictures, is ook onlangs by die kykNET Silwerskermfees as ‘Beste Film’ bekroon.

Vaselinetjie’ vertel die verhaal van Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman, ’n wit dogtertjie wat deur haar liefdevolle bruin grootouers op ’n afgeleë dorpie in die Noord-Kaap in Suid-Afrika grootgemaak word. Wanneer die welsyn egter uitvind dat Vaselinetjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselinetjie na ’n staatsweeshuis in Johannesburg te stuur.

Die lewe in Johannesburg verskil hemelsbreed van haar vorige bestaan en is in skerp kontras daarmee. Vir die eerste keer word Vaselinetjie gekonfronteer met die lewe se wrede werklikhede, asook kinders wat deur hulle ouers verwerp is, rook, om vriende te maak en om in te pas. In ’n wêreld waar niemand vir mekaar omgee nie, leer sy ook om nie om te gee nie.

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Dit is eers wanneer sy verlief raak op die rebelse weeshuisseun, Texan Kirby, dat sy gedwing word om die ware werklikheid van haar ingewikkelde verlede te konfronteer. ‘Vaselinetjie’ is ’n storie oor die definiëring van die betekenis en oorsprong van ’n mens se identiteit en ras in die warboel van post-Apartheid Suid-Afrika.

VASELINETJIE NOU IN TEATERS LANDSWYD TE SIEN!

“Corné het my lekker laat lag op die Silwerskermfees toe hy nou die dag gesê het hy is soos iemand in baringsnood en hierdie baba moet nou gebore word! En ja, ek dink dit is nou presies hoe ons almal voel. Jy is opgewonde, maar ook moeg gewag en geskarrel, keelseer gepraat en tog het ‘Vaselinetjie’ mens se lewe oorgeneem. Al is jy nie besig met ’n premiere of ’n onderhoud nie, jy kan nie help om die heeltyd tog daarvan bewus te wees nie. Die belangstelling is oorweldigend. Dis kompleet of die hele Suid-Afrika wag vir hierdie kjênd om nou haar verskyning te maak!” – Anoeschka von Meck, skrywer van ‘Vaselinetjie’.

“Om te dink hoe lank dit al met ons kom, die uitdagings en nimmereindigende ure se werk, ons het al die land plat getoer op soek na die beste locations en akteurs, intussen getrek van Observatory na Johannesburg na Stellenbosch en vir ’n jaar omtrent uit ons Bantam-bakkie geleef…  Dit was ’n baie lang reis en dit is amper ’n hartseer gevoel om te dink dat dit nou op sy einde kom. Dit plaas baie druk op ’n mens… ’n vreesbevange, opgewonde tipe gevoel en ’n groot hoop dat ‘Vaselinetjie’ ’n sukses by die loket sal wees.” – René van Rooyen, draaiboekskrywer.

“Om te dink 11 jaar gelede was dit net ’n droom om ’n film soos ‘Vaselinetjie’ te kon maak; dit het 11 jaar geneem om braaf genoeg te wees en hier is ‘Vaselinetjie’ nou met een van die belangrikste stories in ons land om te vertel.” – Corné van Rooyen, draaiboekskrywer en regisseur.

 “Ek is baie trots om deel van die ‘Vaselinetjie’-storie te kon word. ’n Uitsonderlike boek wat baie se lewens geraak het is nou ’n rolprent. Die rolprent is ’n besonderse prestasie en gee ’n hele nuwe perspektief en lewe aan die ‘Vaselinetjie’-storie en sy karakters.” – Danie Bester, vervaardiger.

VASELINETJIE

Facebook

Twitter

Instagram

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie