Varsgebek 2017 se Maart-wenner aangekondig!

43

Varsgebek 2017, VivA se kompetisie waarheen Afrikaanssprekendes hulle onopgetekende sêgoed kan stuur, is aan die gang, en ons het weer ʼn heerlike klomp inskrywings gekry wat almal in VivA se databasis opgeneem word.

Wiets Steyn het vir ons vertel van “vinkkoors” – daardie soort nesoorbouery wat ʼn wederhelf aanpak wanneer ʼn man eintlik sy middeljare rustig wil betree – en Barbara Botha sê “slaksleep” is iets wat jy doen wanneer jy nie meer energie het nie. Carel Barnard het “selfiesugtig” voorgestel vir onbedagsame selfienemers wat so in almal se pad staan by ʼn fotogeleentheid, en Anton Dockel se “allekleurtjies” vir “hundreds and thousands” het ook byval gevind.

Maar ons paneel beoordelaars het gedink Sanet van Tonder se “nuljoenêr” vir ʼn persoon wat nie werklik geld het nie, maar soos ʼn ryk mens leef, verdien die Samsung-tablet. Baie geluk, Sanet!

Skryf gerus in vir ons kompetisie. Daar is elke maand ʼn tablet op die spel, en aan die einde van die jaar wen die algehele wenner ʼn lekker kontantvakansiebonus. Vir ons is die groot wins die taalskatte wat ons versamel en in ons databasis vir die hele taalgemeenskap en die nageslag bewaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments