Die klokke het gelui, die lint is geknip, die strate is vol feesgangers. Absa KKNK het amptelik begin!
Een van die lekker plekke waar jy vanjaar kan kuier, is die Riverbuurt. Die Rivierbuurt is die feesterrein en daar is vermaak, musiek, kunsvlyt en kosstalletjies te kies en keur. Dagkaartjies kos R50 of betaal R120 vir die hele week.
Feesgangers wat in visuele kuns belangstel kan die kunsroete volg en ’n wye reeks visuele kunswerke besigtig. Kunsliefhebbers kan ook kunswerke koop.