Vrydag , Julie 20 2018
Home / ALL / Van sprokie tot tragedie in die kollig

Van sprokie tot tragedie in die kollig

Penguin Books is trots daarop om VAN SPROKIE TOT TRAGEDIE IN DIE KOLLIG, ’n ondersoekende blik op die Oscar Pistorius-verhoor, deur Ilse Salzwedel in September bekend te stel.

OOR DIE BOEK

Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.image001

Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.
In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?

OOR DIE SKRYWER

Ilse Salzwedel is ’n bekende vryskutjoernalis van Johannesburg, met jare se ervaring van die Suid-Afrikaanse media. Sy is aanbieder van Skrywers en boeke wat weekliks op RSG uitgesaai word. Sedert 2011 het sy vier boeke gepubliseer: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee; Bloedsusters; Die onvertelde stories van Afrikaans en Selna Visser: my hel in Dubai. Sy het verskeie toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

image002

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Eseltjierus se grootste boekfees help donkies in nood

Winskoopjagters en boekwurms kan weer na hartelus kom snuffel by die 12de jaarlikse Boekefees in …

Monique Steyn terug met ’n Mosaïek-kunswerk!

Monique Steyn word sonder twyfel as een van ons top-vroulike kunstenaars beskou, met ’n stem …