Sunday , January 17 2021
Cheap domain registration and hosting!

Van SA se voorste kunstenaars dié somer in Hartenbos!

Van die land se voorste Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaars sal by die jaarlikse ATKV Desember-fees op Hartenbos naby Mosselbaai die temperatuur opjaag.

Onder dié kunstenaars tel Arno Jordaan, Kurt Darren, Broers, Joe Niemand, Bok van Blerk, Jay, Karlien van Jaarsveld and Elvis Blue. Ook op die program is die skreeusnaakse My Boetie se Sussie se Ou soos geregisseer deur Frans Swart.

Drostdy-Hof, die enigste wynborg van die ATKV se somerprogram, sal ekstra geur aan die fees verleen met ʼn keur van heerlike verkilde witwyne en sappige rooies.

Die handelsmerk borg ook die potjiekos-kompetisie waaraan enkelinge en spanne op 29 Desember van 09:00 kan deelneem. Elke deelnemer sal, benewens ʼn aantreklike Drostdy-Hof-voorskoot, ook  ʼn 375 ml-bottel van elk van die Drostdy-Hof Extra Light en die Drostdy-Hof  Claret ontvang sou hulle dit in die voorbereiding van hul potjies benodig. Die wenner, of lede van die wenspan, sal ʼn Drostdy-Hof-sportsak met ʼn verskeidenheid van bykomstighede ter waarde van R1 500 ontvang asook vier kissies Drostdy-Hof-wyne. Lede van die spanne wat tweede en derde kom, sal elk ook ʼn Drostdy-Hof-sportsak met bykomstighede ontvang tesame met twee kissies wyn vir dié in die tweede plek en een kissie vir dié wat derde kom.

Daar is ʼn inskrywingsfooi van R100 vir individue en spanne. Deelnemers moet hul eie bestanddele (behalwe wyn!) bring benewens kookgereedskap, brandhout, vuurstekers, tafels, stoele, sambrele en nie-alkoholiese drankies. Persone wat wil deelneem, moet die ATKV se inligtingskaravaan by die Walvissaal in Hartenbos besoek.

Die datums van die aanbiedinge op Hartenbos is soos volg:

18 tot 20 Desember: My Boetie se Sussie se Ou (Walvissaal)

22 Desember: Arno Jordaan en Kurt Darren (Amfiteater)

24 Desember: Broers en Joe Niemand (Amfiteater)

27 Desember: Bok van Blerk en Jay (Amfiteater)

29 Desember: Potjiekos-kompetisie (Amfiteater)

30 Desember: Karlien van Jaarsveld en Elvis Blue (Amfiteater).

Kaartjies vir die aanbiedinge kos almal R90 per persoon terwyl kaartjies vir die Goue Sirkel vir R110 verkoop.  Kaartjies kan by die hekke gekoop word of by die ATKV se inligtingskaravaan by die Walvissaal.

Die hekke open op 12:00 terwyl die aanbiedinge om 19:00 begin. Kontak die ATKV in Hartenbos by 044 601 7200 vir meer inligting.

Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer inligting oor die handelsmerk.

Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en op Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).

Gesels saam deur #PureCountryWine te gebruik

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.