Van Pletzen is trots om die musiekvideo van hul tweede enkelsnit aan te bied: GOUD

78

Die nuwe Afrikaanse satiriese duo, VAN PLETZEN, het in Junie 2017 nuwe lewe in die musieklandskap geblaas met die vrystelling van hul lekker musiekvideo, Eiland Styl.

Van Pletzen bestaan uit Peach van Pletzen (Bittereinder / Yesterday’s Pupil) en Matthieu (Makkie) Auriacombe (Hello Beautiful / Beach Party).

Van Pletzen maak gebruik van humor en satire in hul musiek, maar dit beteken nie dat dit ‘n grap is nie. Hulle bied wêreldklas produksiewaarde wat luisteraars laat lag en dink en dit terwyl hulle lekker saam dans op die musiek.

Van Pletzen het op ‘n hoë noot afgeskop toe Oppikoppi hulle bespreek het vir hierdie jaar se fees nog voordat hulle hul eerste musiekvideo vrygestel het. Die manne laat die lekker tye verder loop met die vrystelling van hul tweede musiekvideo, GOUD.

GOUD is Van Pletzen se sosiale kommentaar op ‘n aand uit in die Stad van Goud met dié twee wat jol en van klub to klub rol in die agterkant van ‘n Uber. Dit is sonder twyfel die meeste pret wat op die agtersitplek van ‘n Uber te kry is.

“Dis die reis wat tel, nie die eindbestemming nie. Ons het uitgegaan om te party in Johannesburg en het opgeëindig om net van plek tot plek te ry en die beste tye in die agterkant van ‘n Uber te hê. Dis amper soos ‘n reis na nêrens, want al wat tel is nou,” sê Peach.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments