VAN COKE KARTEL het in September vanjaar hul cover EP, ENERGIE op iTunes uitgegee en die elegante plaat weergawe daarvan is verlede maand uitgereik. Met hierdie spesiale vrystelling het die manne besluit om ‘n bietjie pret te hê en liedjies te dek wat vir hulle belangrik is.
Die eerste enkelsnit vanaf die kortspeler was The Beatles se Help!. Volgende in die ry is die legendariese Johannes Kerkorrel & Die Gereformeerde Blues Band se tydlose treffer, Energie waarin Van Coke Kartel nuwe lewe geblaas het. Hierdie enkelsnit is vandag vrygestel aan radiostasies landwyd. ‘n Musiekvideo, met beeldmateriaal van Kerkorrel in, gaan in Desember die lig sien.
Die keuse om hierdie liedjie op te neem is ‘n persoonlike saak vir Van Coke Kartel. Francois van Coke sê dat die enigste Afrikaanse musiek waarna hulle geluister het tydens hul grootwordjare, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis sin was. Hulle het gevoel dat dit die enigste musiek was waarmee hulle kon assosieer. Wynand was destyds ook klankingeneur by sommige van Kerkorrel se teater vertonings.
Van Coke Kartel se weergawe van Energie is slegs te kry op iTunes en op die kortspeler plaat wat by Permanent Record bestel kan word.
Van Coke Kartel rock die Ooskus in Desember
Van Coke Kartel gaan in Desember weereens doen wat hulle die beste doen en ‘n paar hengse goeie vertonings lewer.
Meer inligting:
Datum: 5 Desember 2015 (Jbay Rage)
Plek: Jolly Dolphin
Tyd: 21h00
Datum: 5 Desember 2015 (Plett Rage)
Tyd: 00h00
Datum: 16 Desember 2015 (Jbay Rocks)
Plek: Jolly Dolphin
Tyd: 23h00
Datum: 17 Desember 2015
Plek: Zanzibar, George
Tyd: 23h00
Kaartjies: R60
Datum: 18 Desember 2015
Plek: The Barn, Mosselbaai
Adres: Rietvalley farm, R327, Herbertsdale pad
Kaartjies: R140 – http://bit.ly/1Jn5JF9
LINKS:
Energie op iTunes
Energie plaat by Permanent Record
Webwerf: www.vancokekartel.co.za
Twitter: @vancokekartel