Woensdag , Augustus 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Valeska Muller stel aangrypende musiekvideo vry!

Valeska Muller stel aangrypende musiekvideo vry!

Die musiekvideo van Valeska Muller se nuutste elektroniese poptreffer, SKYN JOU LIGGIE VIR MY, is pas vrygestel en het reeds almal aan die praat… en met goeie rede, want in hierdie vertelling oorwin sy nie net ’n intense innerlike stryd met haarself nie, maar beïndruk sy ook met haar vernuf as aktrise regdeur die video.

“Van die begin van die video af, sien jy my in nagklere (simbolies van my weerloosheid) met ’n blou lantern, verskrik en vreesbevange deur ’n donker woud (simbolies van my onderbewussyn) hardloop. Kort-kort is daar flitse van ’n donker karakter wat my jag en wat vanselfsprekend alles wat sleg en seer is, uit die verlede, simboliseer. Dan struikel ek en val. Bebloed en gekneus, hou ek aan sing en skyn ek my liggie. Ek sing die lied beseer en bebloed nadat ek die donker woud oorwin het en my donkerte aanvaar het,” verduidelik die sangeres oor die konsep agter die video.

“Een van die belangrikste dinge wat ek oor die lewe geleer het; is dat voordat jy die eksterne wêreld kan oorwin, jy eers die innerlike wêreld van jou gedagtes moet bemeester. Dis hoe ek my liggie laat skyn – deur die donker in die gesig te staar en dit te aanvaar as deel van die lewe en nie meer weg te hardloop nie. Wanneer ek aan die einde van die video moeg en stukkend die donker dele van my lewe aanvaar, is ek vry omdat ek besef dat ek nie meer ’n slagoffer is van die negatiewe nie. Ek kies wie en wat ek wil wees. Ek aanvaar my verlede en ek hanteer die bron van my ongelukkigheid. Dit is al hoe ek vry kan wees… deur my liggie te laat skyn,” voeg sy by.

Hierdie aangrypende storielyn is deur Nic Billington verfilm in die sprokiesagtige woud by Casalinga in Muldersdrift en sluit ook skote in wat met behulp van ’n groenskerm geskep is. “Ek speel self die verskillende karakters en dit was ’n uitdaging om die rolle te vertolk. Om hulle aan die einde van die video te kry om mekaar te ‘ontmoet’, het goeie beplanning gevat,” verklap Valeska wie se hare en indrukwekkende grimering vir elke toneel die handewerk van Kaila Botha is. Louis, Marika en Esti Opperman was ook van groot hulp op die dag en het gesorg dat alles agter-die-skerms seepglad verloop.

SKYN JOU LIGGIE VIR MY is die tweede vrystelling vanaf haar opkomende album. Die snit, wat reeds goed ontvang is deur die publiek en radiostasies, het ’n opgewekte wysie en is saam met vervaardiger BIGG-T geskep. “Die liedjie herinner my elke keer opnuut dat ek ’n verskil kan maak deur my liggie vir ander te laat skyn. Almal het ’n stukkie donker uit hulle verlede. Deur dit te konfronteer, verjaag jy die duisternis en word jy vry van die seer. Moet nooit opgee nie, want onthou hoe donkerder jou situasie, hoe helderder sal jou liggie skyn,” sê die musikant.

Valeska, wat haar eie musiekskool – Valeska Muller Vocal Academy (VMVA) besit, werk al negetienjaar in die musiekbedryf en het op die musiekrealiteitsprogram, Zing, haar debuut op die kassie gemaak as deel van die Top 7 van die kompetisie, wat vir haar baie deure oopgemaak het. ’n Tragiese ongeluk, gedurende ’n mediageleentheid vir die verhoogproduksie Sexy and the City, het amper haar droom verwoes, maar opgee was nie vir haar ’n opsie nie. Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80’s show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies en het sy rolle gehad in televisieprogramme soos Generations, Roer Jou Voete en Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV. Sy het ook al opgetree by verskeie funksies en feeste, waaronder Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer.

Haar nuutste enkelsnit en video, het die sangeres geïnspireer om ’n inisiatief te loods waarin sy graag vir luisteraars ’n platform wil skep om hulle stories te deel. Belangstellendes kan hulle liggieskyn-oomblikke op haar blad deel, met die hutsmerk #SkynJouLiggieVirMy aan die einde van die vertelling.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

ADAM sê koebaai vir nou, maar nie vaarwel nie!

Die musiekgroep, ADAM, het oor die laaste dekade diep spore getrap in die harte van …

The Voice SA Season 3 winner TASCHÉ, releases her first single!

Throughout her participation on The Voice SA, Tasché blew South Africans away with her world …