Woensdag , Augustus 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Valeska Muller se musiekvideo is vrygestel!

Valeska Muller se musiekvideo is vrygestel!

Valeska Muller se moderne popmusiekverwerking, VERDWAAL SAAM MET JOU, is gedurende September 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik en aanhangers kan nie genoeg van haar unieke stem en musiekstyl kry nie!  Sy trek aandag waarookal sy gaan en die liedjie bly in jou kop vassteek.  Die musiekvideo vir hierdie opgewekte dansnommertjie wat sy saam met Tertius Jacobs en Sean Butler geskryf het is pas bekendgestel en gaan jou asem wegslaan!

Die musiekvideo vir dié treffer is verfilm by Estate D’Afrique in Hartebeespoortdam. “Hierdie is ’n pragtige lied wat handel oor passievolle liefde en ek wou dit vasvang in die video. Ek wil verdwaal saam met die man van my drome, ek wil net wegraak vir ’n oomblik, sonder al die stres en geraas van mense wat ons pla. Tog iewers in ons impulsiewe avontuur van verlorenheid en rigtingloosheid, kom ek by my bestemming uit. In sy liefdevolle arms en oë vind ek myself, wat duidelik in die video vertolk word,” deel sy opgewonde. Valeska en Nic Billington, wat die regie van die video hanteer het, het saamgewerk aan die konsep, terwyl Hannelie Burger omgesien het na die skoonheidsaspekte en Dane Hildebrandt die manlike hoofrol gespeel het.

Valeska het al talle hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80’s show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies, soos Richard Loring se Girl Talk, Sonsak Jolyt, Dance Mania, The Seven Wonders Show, The Awesome 80’s Show en The Lets Twist Again Show. Die blondekop is ook ’n bekende gesig op die kassie en het al in verskeie advertensies en programme, soos Generations, Roer Jou Voete, One Way en Binnelanders gespeel. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV.

VERDWAAL SAAM MET JOU het ’n opgewekete en ritmiese deuntjie wat verweef is met interessante elemente en klanke, asook ’n indrukwekkende stem wat nie net van Valeska Muller ’n huishoudelike naam in dans- en kuierplekke gaan maak nie, maar ook die treffersparades van die land se grootste radiostasies gaan oorheers.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Instagram: @valeskamuller

Twitter: @Valeskamuller

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

ADAM sê koebaai vir nou, maar nie vaarwel nie!

Die musiekgroep, ADAM, het oor die laaste dekade diep spore getrap in die harte van …

The Voice SA Season 3 winner TASCHÉ, releases her first single!

Throughout her participation on The Voice SA, Tasché blew South Africans away with her world …