Maandag , September 16 2019
Home / Music / Treffer na Treffer Hitmixes

Treffer na Treffer Hitmixes

Dis min wat ‘n samestelling dit regkry om die skop van Suid-Afrika se grootste dansvloer-gunstelinge en ál hulle groot treffers in een album in te pak, maar “Treffer na treffer hitmixes” doen dit presies reg!image001

Hierdie dubbel CD-album is uitgeknip vir ‘n partytjie waar voetsole vuurwarm gedans word en beslaan 20
energiebelaaide keurspelle propvol treffers wat SA-ranglyse oor die afgelope dekade of wat oorheers het.

Oorspronklike snitte sowel as coverweergawes – meeste met ekstra bas-oemf en klankeffekte – is by die album ingesluit en hitmixes van onder andere Kurt Darren, Elizma Theron, Ray Dylan, Nicholis Louw, Jakkie Louw,
Amor Vittone en Shine 4 sal enige dansvloer vir baie lank aan die draai hou!

Met snitte soos “Welkom by my party Hitmix”, “SA medley hitmix”, “Waltz medlay remix” en “TNT hitmix” span verskeie kunstenaars hul stemme saam om “Dalk ‘n ses”, “Hokaai stop die lorrie”, “24/7/365”, “Special star”, “Vuli ndlela”, “Lay down beside me”, “Rock daai lyfie” en ‘n hele rits ander treffers moeiteloos inmekaar te laat vloei en te help sorg vir nagenoeg 2 ure se gekonsentreerde dans-lekkerkry!

“Treffer na treffer hitmixes” is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Meertalige duet herinner luisteraars van God se liefde en genade!

Wanneer kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap bymekaar kom om musiek te skryf oor rus, …

Gemeenskappe wat geteister word deur dwelms en geweld is die inspirasie agter nuutste Vibrancy-Enkelsnit!

“Hierdie kragtige ballade tref diep, omdat dit die waarheid vertel oor die hopeloosheid in ons …