Noudat herfs somer uit die pad du, is dit tyd vir tydsaam buite kosmaak – vir rustig sit en gesels glas wyn in die hand om ʼn vuurtjie wat laag brand en ʼn gereg wat sagkens daarop prut. So, haal jou potjie uit sy bêreplek vir die maak van ʼn lieflike seekosgereg wat sy inspirasie uit die milde Weskus put.
Potjiekos, wat tegelykertyd onopgesmuk en gesofistikeerd is en deesdae prutkos genoem word, word, gee die kok elke geleentheid om sy eie stempel daarop af te druk. In die geval van ʼn vleispotjie, gaan die vleis eerste in en kook dit stadig tot dit feitlik van die been afval. In die geval van ʼn seekospotjie is dit net andersom. Laat al die ander bestanddele eers deurkook sodat hul geure saamsmelt voor die seekos vir net ʼn paar minute bygevoeg word.
ʼn Seekospotjie vra ʼn heerlik verkoelde witwyn wat so veelsydigheid is dat dit op sy eie geniet kan word terwyl die hout kole word, maar wat terselfdertyd die gereg se oordaad geure kan aanvul. ʼn Chardonnay leen hom uitstekend hiertoe, veral Drostdy-Hof s ʼn met sy ryk en romerige tekstuur en lieflike tropiese en sitrusgeure.
Drostdy-Hof Chardonnay in sy nuwe gewaad verkoop vir sowat R35 en is landwyd by die meeste drankwinkels beskikbaar.
Seekospotjie met Drostdy-Hof Chardonnay
Bedien 4 tot 6
Bedstanddele
450g gemengde skoongemaakte skulpvis soos mossels en garnale
Sout en gemaalde swartpeper
15ml olyfolie
2 uie, in blokkies gesny
2 opgekapte selderystingels
1 vinkelbol in dun skywe gesny
1 fyn gedrukte knoffelhuisie
30ml meelblom
250ml groente- of hoenderaftreksel
Bouquet garni: 6 pietersieliestingels, 2 tiemiestingels en 2 lourierblare, als saamgebind met kombuistou
500g jong aartappels
675g witvis, ontbeen en in filette gesny
250ml melk
250ml room
ʼn Handvol opgekapte pietersielie of grasuie
Metode
– Maak ʼn vuur en sorg dat jy genoeg kole het om die potjie gaar te maak.
– Giet 125ml Drostdy-Hof Chardonnay in ʼn mediumgroot gietysterpotjie en verhit tot dit saggies kook. Plaas die mossels en garnale daarin, sit die deksel op en stoom vir 5 minute. Die garnale is gaar wanneer hulle pienk is. Verwyder enige mossels wat nie oopgemaak het nie. Haal uit die potjie en hou die vloeistof vir gebruik later.
– Verhit die olie in die potjie en braai die uie, seldery, vinkel en knoffel liggies tot hulle sag is. Roer die meelblom in en braai vir 3 minute. Voeg die oorblywende 125ml wyn stadig by en roer terwyl jy dit doen. Verhit tot dit saggies kook.
– Voeg nou die aftreksel, bouquet garni en jong aartappels by. Voeg sout en swart peper na smaak by.
– Voeg die vis, melk en room by sodra die aartappels sag is. Laat prut vir vyf minute en plaas dan terug die skulpvis asook die vloeistof wat jy uitgehou het, roer om al die bestanddele te laat kombineer.
– Bring die potjie weer tot prut en verwyder dan van die hitte. Voeg sout en peper by na smaak asook die opgekapte pietersielie. Bedien met brood vars uit die oond en ʼn glas verkoelde Drostdy-Hof Chardonnay.
Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).
Gesels saam deur #PureCountryWine te gebruik.