Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Tot Liefde Vergaan – Francois van Rensburg featuring DJ City Bay

Tot Liefde Vergaan – Francois van Rensburg featuring DJ City Bay

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ‘n Unieke samewerking en genre wat hopelik ‘n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by die stasie en Jacques is ook ‘n vervaardiger hier. DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgegee. Francois het hom toe gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak en lirieke en ‘n basiese melodie vir Jacques aangestuur waarmee hy toe begin werk het. So het die liedjie “Tot Liefde Vergaan” uiteindelik ontstaan.

Meer oor DJ City Bay:
Ontmoet DJ City Bay – A.K.A – Jacques Erasmus. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het. Hy het liedjies op die kitaar begin speel op die ouderdom van 14, en gou besef dat dit iets is wat gekoester en ontwikkel moet word. Hy het later musiekproduksie, radiojoernalistiek en vir ‘n loopbaan in die uitsaaiwese studeer. Dit was onvermydelik dat hy uiteindelik in radio beland het waar hy die afgelope 8 jaar suksesvol as vervaardiger en aanbieder werk. Hierdie werk het hom in staat gestel om die hele tyd by musiek betrokke te wees.

Sy passie het aanhou groei en deesdae het hy veranderings aangaande sy genre gemaak. Dit is nou meer elektronies, hy bring klanke soos House, EDM en Hip Hop voort. Dit is hoe DJ City Bay gebore is. Tans werk DJ City Bay saam met verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat sorg vir verskillende klanke en musiekgeure. Dus, as jy jouself wil verloor in die grootste, nuutste, snaaksste musiek – briljant vervaardig en gemeng – maak seker dat DJ City Bay jou op sy musiekwolk wegvoer. Sy musiek is op verskeie aanlynmusiekwinkels en ander sosiale media-platforms beskikbaar.

Lirieke & melodie: Francois van Rensburg Musiek: Jacques Erasmus / DJ City Bay

Agtergrondstemme: Arri Opperman

Vervaardig en opgeneem deur Jacques Erasmus / DJ City Bay

Luister hier:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …