Wednesday , September 30 2020
Cheap domain registration and hosting!

ToeEnNou: ‘n Reeks verwerkings van legendariese Afrikaanse liedjies – Deel 1

Justin Serrao is alombekend vir sy oorspronklike Engelse County Popmusiek. Hy en sy vriend, Regardt Scheepers loods nou ‘n projek van ‘n ander geur waar hulle legendariese Afrikaanse liedjies sing. “Ons wil hulde bring aan hierdie legendes en grondleggers van ons trots Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Ons gaan deur die verloop van die volgende jaar ‘n reeks van die grootste Afrikaanse liedjies uitbring. Ons is baie opgewonde oor hierdie projek en dit gee ons hoendervleis wanneer ons dit reg doen!” sê Justin.

Justin en Regardt skop die reeks af met die Afrikaanse ikoon Koos du Plessis se tydlose Kinders van die wind. “Dit is ‘n pragtige lied met die pragtigste lirieke en almal kan aanklank vind by die liedjie se tema oor die kwesbaarheid van die mensdom. Die liedjie was relevant 40 jaar gelede en sal oor veertig jaar en meer nogsteeds relevant wees,” verduidelik Regardt oor die keuse van hierdie liedjie.

Justin en Regardt wek hoendersvleis met hul boeiende vertoning en stylvolle verwerking van die geliefde Afrikaanse pragstuk. Ervaar hul weergawe van Kinders van die wind hier:

Kry Justin en Regardt se weergawe van Kinders van die wind op iTunes.

SKAKELS:

iTunes

Spotify

Google Play

Webwerf

Twitter: @JustinSerrao

Facebook

Instagram: @justinserrao

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Wit Kasteel se tweede enkelsnit, HERINNERING, gaan jou verseker dansvloer toe lok!

Die gewilde rockgroep, Wit Kasteel, wat bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt …

Resensie: Nathan Smith – Here’s to the now album

Kunstenaar: Nathan Smith Album: Here’s to the now Resensie: 7/10 Nathan Smith is Suid-Afrika se …