Donderdag , November 22 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Thys & Trix fliek vandag in teaters!

Thys & Trix fliek vandag in teaters!

THYS & TRIX, die skaterlag aksiekomedie met Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch in die hoofrolle, is van vandag landswyd in teaters te sien!

Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige maar onbeholpe polisiemanne. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel. Speurder Solomons ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad- sindikaat in ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai. Vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei, of eerder te laat ly, maar die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie. Solomons sal hulle vergesel, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie.

Kort voor lank het hulle ’n lys van verdagtes. Op die lys is hul bure: die Janse van Rensburgs (die Alfa-paartjie); Ben en June Marais (die alternatiewe hippie paartjie); die Le Rouxs (die gay-paartjie) en Heidi (die weduwee wat Thys se oog vang).

Is enige van Thys en Trix se nuwe bure moontlik betrokke by die vervaardiging en verspreiding van MTHC, ’n verlammende hallusineringsmiddel?

THYS & TRIX, ’n film deur The Film Factory en Bouwer Bosch Films, word vervaardig deur Danie Bester, Bouwer Bosch en Leandie Du Randt Bosch, met Quentin C. Krog aan die stuur van die regie.

Die rolverdeling sluit in Leandie Du Randt Bosch, Bouwer Bosch, Brendon Daniels, Chanelle De Jager, Ivan Zimmermann, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Carine Rous, Deon Coetzee, Charlie Bouguenon, en meer! THYS & TRIX word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en GrootFM is die trotse mediavennoot van die film.

“Van dag een het ek gedink dat sal fantasties wees om vir Leandie en Bouwer saam op die grootskerm te sien as maltrap broer en suster. Bietjie langer as twee jaar later en die projek in al sy glorie, is reg om met die publiek gedeel te word. Lekkerlag, boeiend en uitstekende vermaak, Thys & Trix!” – Danie Bester.

“Ek kan nie wag dat mense hierdie rolprent sien nie. Dit is definitief iets anders as tevore en Quentin C. Krog het dit reggekry om die spioenstorie op ’n manier te vertel dat jy heeltyd gaan wonder wie die boewe is. Die film is gevul met ‘twists and turns’, en baie lekkerkomedie-tonele wat jou vir ’n oomblik gaan laat vergeet van al die ander drama in die wêreld.” – Bouwer Bosch.

“Ek is so opgewonde vir die volk om ons film te sien en net lekker te kan ontspan en lag vir 90 minute en sodoende vergeet van al die ‘troubles’ in hul lewe. Lag is mos die beste medisyne!” – Leandie Du Randt Bosch.

“Ek is regtig opgewonde dat die dag finaal aangebreek het vir ons om Thys & Trix met Suid-Afrika te deel. Ons het hard gewerk om ’n film te skep waar die gehoor na die tyd uit die teater kan stap met glimlagte op hulle gesigte en voel dat hulle geld en tyd goed spandeer is. Ek wil almal aanmoedig wat die film geniet om almal vir wie hulle ken daarvan te vertel om dit in teaters te gaan sien!” – Quentin C. Krog.

Kyk die THYS & TRIX lokprent HIER!

THYS & TRIX Kontak:

Facebook

Instagram

Webtuiste

#PoliceToMeetYou #ThysEnTrix #22Jun2018

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Juju Mafela volg in pa se voetspore

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju …

Waarna jy kan uitsien in BINNELANDERS in November!

Donderdag, 1 November (Episode 104/3120) Nina veroorsaak dat Jax hospitaal toe trek, en Mercia deel …