Woensdag , Desember 12 2018
Home / Movies / The Forgiven vanaf hierdie naweek in uitgesoeke teaters!

The Forgiven vanaf hierdie naweek in uitgesoeke teaters!

Die langverwagte rolprent, THE FORGIVEN, gaan oor Aartsbiskop Desmond Tutu se werk as die hoof van die Waarheids- en versoeningskommissie. Die drama volg Aartsbiskop Desmond Tutu, wat uitstekend vertolk word deur Forest Whitaker, in sy morele en intellektuele stryd met die wrede moordenaar en lid van ’n voormalige apartheidsera-groep, Piet Blomfeld (Eric Bana), oor verlossing en vergifnis.

Alhoewel dit byna twee dekades is sedert die Waarheids-en-versoeningskommissie dit reggekry het om ’n einde te bring aan ’n katartiese tydperk in die land se geskiedenis, neem regisseur Roland Joffé se nuwe rolprent jou terug in tyd om jou met die verskriklike waarhede van apartheid, en die nalatenskap daarvan, te konfronteer. Dit begin op 5 Oktober 2018 in Suid-Afrikaanse rolprentteaters draai.

THE FORGIVEN is ’n fiktiewe vertelling van Aartsbiskop Desmond Tutu se pogings om die gruweldade van apartheid te konfronteer in ’n poging om Suid-Afrika te genees en te verenig. Wanneer Tutu ’n omvattende brief van die veroordeelde moordenaar ontvang, waarin hy om genade pleit, besluit hy om hom in sy tronksel te gaan besoek. Hier voer die twee mans ’n reeks intense gesprekke oor skuldgevoelens en vergifnis.

Die rolprent sal by die volgende bioskope te sien wees:

Ster-Kinekor Tygervalley

Ster-Kinekor Blue Route

Ster-Kinekor V&A Waterfront

Ster-Kinekor Gateway

Ster-Kinekor Cedar Square

Ster-Kinekor Brooklyn

Ster-Kinekor Rosebank

Ster-Kinekor Cresta

Nu Metro Hyde Park

Nu Metro V&A Waterfront

Movies@Monte

Labia Orange Street

THE FORGIVEN is gebaseer op Michael Ashton se verhoogstuk, The Archbishop and the Antichrist (hy het Joffé ook bygestaan met die skep van die draaiboek), en is ’n fiktiewe vertelling van Aartsbiskop Desmond Tutu se pogings, as die hoof van die Waarheids-en-versoeningskommissie om die gruweldade van apartheid te konfronteer in ’n poging om Suid-Afrika te genees en te verenig.

Die Oscar-benoemde Joffé is bekend vir sy opspraakwekkende politiese stories en THE FORGIVEN is, net soos sy 1984-treffer – The Killing Fields, ’n intelligente en gewelddadige weergawe van Suid-Afrika se politiese geskiedenis.

Oscar-bekroonde Whitaker lewer puik toneelspel, wat Tutu se formidabele innerlike krag, waardigheid en deernis perfek weergee. Omdat hy reeds in die fliek Zulu (2013) die rol van ’n Suid-Afrikaner gespeel het, het hy agtergrond van Suid-Afrikaanse geskiedenis en kon hy dit gebruik vir sy rol as die Aartsbiskop.

Alhoewel hy een van Hollywood se mees gerespekteerde akteurs is, erken Whitaker dat die rol van Tutu een van die grootste uitdagings was van sy loopbaan sover. “Ek het presies geweet hoe hy lag, hoe sy sin vir humor is, hoe hy gevoel het en wat sy passie en geloof is, maar hy het hierdie grasieuse manier waarop hy na die lewe kyk. Dit was ’n groot uitdaging om al daardie dinge saam te voeg en die gees van hierdie man vas te vang.”

Bana is ook briljant in die rol van Piet Blomfeld en gebruik sy fisiese eienskappe en charisma om die gehate karakter as gevaarlik, maar ook baie menslik, uit te beeld.

“Hierdie is een van die mees intimiderende karakters wat ek nog ooit moes speel,” erken die Australiaanse akteur. “Vir my was die sleutel tot hierdie karakter om in die Suid-Afrikaanse geskiedenis rond te delf. Daar was so baie wat ek moes weet, om te verstaan waar Blomfeld se verwronge sin van geregtigheid vandaan kom. Dit was een van daardie rolle waar jy aan die diepkant moet inspring en om dit te kon doen moes ek eers die geskiedenis verstaan.”

Die rolprent, wat vervaardig is deur Craig Baumgarten en Suid-Afrikaanse produksievennoot, Zaheer Goodman-Bhyat van Light and Dark Films, is in en rondom Kaapstad verfilm met tonele by een van die wêreld se gevaarlikste tronke, die Pollsmoor Maksimumsekuriteitsgevangenis. Jeff Gum, Morné Visser en Thandi Makhubele is ook in die fliek te sien.

Volgens die vervaardigers, is die storie aangrypend en relevant. “Dit herinner ons aan Aartsbiskop Tutu se geskenk van vergifnis en die genesing wat dit bring. Dis vir ons ’n eer om sy storie te vertel.”

Die Aartsbiskop het ook sy toestemming gegee vir die prent en sê: “Hierdie intelligente, aangrypende, hartroerende en menslike fliek, vang vas hoe dit gevoel het om saam met die onbaatsugtige lede van die Waarheids-en-versoeningskommissie te werk, wat daarna gestreef het om, ten spyte van omstandighede, die mense van Suid-Afrika te verenig.  Dit is ’n huldeblyk aan die merkwaardige en genesende krag van vergifnis en die onfelooflike deernis en dapperheid van diegene wat liefde en vergifnis gebied het as die teenmiddel vir haat en onmenslikheid. Dit is nie net ’n rolprent oor ’n sekere tyd en plek nie, maar ook ’n baken van hoop vir die mensdom in die algemeen.”

Aangrypende toneelspel, relevante sosiale kommentaar en uitstaande skryfwerk en regie, maak van THE FORGIVEN ’n treffende fliek en ware getuigskrif van die krag van vergifnis en hoe moontlik dit is vir die mensdom om ’n gemeenskaplike platform te vind.

THE FORGIVEN is vervaardig deur die internasionaal-bekroonde rolprent- en televisieproduksiemaatskappy, Light and Dark Films. Die sal op 5 Oktober 2018 by plaaslike bioskope regoor die land begin draai en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

#TheForgivenFilm

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe John Travolta fliek in teaters die naweek!

Die fliek waarin John Travolta lewe gee aan een van die mees berugte bendelede sedert …

Billionaire Boys Club – In Cinemas This Friday!

Like a cross between LESS THAN ZERO and THE WOLF OF WALL STREET – BILLIONAIRE …