Maandag , Oktober 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Super Sokkie kom wéér na Carnival City!

Super Sokkie kom wéér na Carnival City!

Die grootste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie, kom wéér na Carnival City se Big Top Arena in Johannesburg – vir ’n derde keer.

Op Sondag, 31 Desember, kom kunstenaars soos, Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine byeen om die nuwe jaar in te sokkie. Liedjies soos Cool soos Koos Kombuis, Kaptein, Anoret, Kaapse Draai en vele meer gaan sorg vir heerlike dansoomblikke.

Jou gunsteling sokkie-liedjies is nou letterlik ook aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister. Laai die app gratis in die Google Playstore of iOS Store af.

“Ek het so drie jaar gelede begin sien hoe die lekker dansplekke begin verdwyn en toe besluit ek om ’n platform te skep waar die kunstenaars ’n kans kry om voor ’n gehoor wat honger is vir dansmusiek, op te tree – op ’n groot skaal!” vertel Kurt Darren, organiseerder van Super Sokkie.

Super Sokkie is ’n konserttoer wat aangebied word reg oor Suid-Afrika en selfs op die water. Dié geleentheid spog selfs met ’n wêreldrekord. In 2016 het ongeveer 1180 paartjies gelyktydig by die GrandWest se Grand Arena gesokkie op die maat van Kurt Darren, Juanita du Plessis en Die Campbells se musiek.

Volgens die sanger Snotkop sien hy die meeste uit om saam met sy aanhangers te kuier. “Dit gaan die grootste jol van die jaar wees. Jy mag dit nie misloop nie,” het hy gesê.

Super Sokkie toer volgende jaar – op 3 Maart – ook na die VSA en daarna word daar van Vrydag, 9 Maart tot Maandag, 12 Maart op die MSC-vaart gedans. “Oujaarsaand by Carnival City is nou vir die derde jaar die plek om te wees as jy die nuwe jaar wil indans. Met kroeë langs die dansvloer en baie eetplekke naby gaan jy beslis nie dors of honger ly nie. Dit raak baie vinnig vol, so kry jou kaartjies nou by Computicket,” moedig Kurt aanhangers aan.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Almero reik eerste vollengte album uit!

Almero het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie. Vanjaar is sy tweede in die …

Douvoordag reik langverwagte debuut-album uit!

DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, DIE AVONTUUR, is op Vrydag 5 Oktober …