Woensdag , November 14 2018
Home / Music / Suid-Afrikaner slaan Londen stom met liedjie wat in bad geskep is!

Suid-Afrikaner slaan Londen stom met liedjie wat in bad geskep is!

Dit was die Suid-Afrikaanse kunstenaar, ANNA WOLF, se droom om saam met musiekvervaardiger, Pete Boxta Martin, en trefferliedjieskrywer, Dantae Johnson, te werk in Londen.

Boxta Martin is ’n multi-bekroonde, Oscar-erkende Londense musiekvervaardiger, wat al liedjies vervaardig, geskryf en gemeng het vir beroemde name soos James Arthur, Arrow Benjamin, Jesse J, Mali Music, Missy Elliot, Rizzle Kicks, Sugababes, en vele meer. Dantae Johnson is Pete se veelsydige vennoot en ’n gesogte liedjieskrywer by Sony BMG.

Wolf het besef dat sy iemand ken, wat iemand ken, wat iemand ken, wat vir Boxta Martin en Johnson ken! Sy het dadelik geweet dat as sy ’n vervaardiger van sy kaliber se aandag wou trek, sy dit met ’n vars konsep en klank sou moes doen.

Wolf, wat voorheen bekend was as Tailor, het deur haar duisend-plus demos geluister en die nostalgie van haar groeipyne as kunstenaar herleef, totdat sy een aand ’n liedjie geskryf het wat sy geglo het met miljoene mense sou kon praat met die hulp van hierdie dinamiese duo.

Met haar kitaar, het sy in die bad van haar Londense woonstel geklim en ’n selfoonopname gemaak waar sy die liedjie speel en met haar voete in die bad gestamp het. Dié klanke kan vandag steeds in die finale enkelsnit gehoor word.

Sy het die liedjie toe vir Boxta Martin gestuur, wat haar onmiddellik na die ikoniese Matrix Recording Studio (Adele, Lana Del La Rey) genooi het, waar hulle haar nuutste enkelsnit, BELIEVER, saam geskep het.

Boxta Martin en Johnson het haar daarna ’n kontrak aangebied by hulle maatskappy: The Bears Entertainment en het dadelik begin werk aan haar eerste album as ANNA WOLF, waarmee sy tans besig is.

Die Londen- gebaseerde ANNA WOLF beoog om haar ontdekkingsreis met Suid-Afrika te deel in haar

TAILOR BECOMING ANNA WOLF” – TOER.

Sy land gedurende November in Suid Afrika en beplan ‘n reeks van onvergeetlikke intieme optredes waar haar hipnotiese verhoogpersoonlikheid diegene wat waag om te droom, sal betower.

Om ‘n voorsmakie te kry wat jy kan verwag van ‘n ANNA WOLF optrede, volg die skakel na haar treffersnit, BELIEVER of volg hierdie skakel vir ‘n voorsmakie van haar BELIEVER musiekvideo.

“TAILOR BECOMING ANNA WOLF” TOER – DATUMS

24 November – Musiekskuur, Pretoria

1 December – The Music Box, Observatory, Johannesburg

7 December – Theatre on the Square, Sandton

8 December – Radium Beer Hall, Johannesburg

13 December – Café Roux, Noordhoek

20 December – Café Roux, Cape Town

22 December – Camel Rock, Scarborough

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @RealAnnaWolf

Instagram: @RealAnnaWolf

Web

Hutsmerke: #AnnaWolf #AnnaWolfBeliever

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Help needed: Beloved Cape Town Radio Presenter Faces Terminal Cancer Diagnosis

eloved radio presenter, Ian Ward (42), from Cape Town, has been diagnosed with Stage 3B …

Qwade Dunn stel nuwe somertreffer vry!

Wat is die geheim vir die perfekte somertreffer? Vars veelsydige talent, ’n opgewekte wysie en …