Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / STROOMOP nou op DVD en DSTV Box Office beskikbaar!

STROOMOP nou op DVD en DSTV Box Office beskikbaar!

Die opwindende avontuurverhaal, STROOMOP (Ivan Botha se regisseursdebuut) wat deur 116 999 kykers ondersteun is en R7 434 677 by die plaaslike loket verdien het, is vanaf 22 Oktober 2018 beskikbaar op DSTV BoxOffice en die DVD sal ook by uitgesoekte winkels beskikbaar wees.

STROOMOP het ‘n uitsonderlike speelvlak van 11 weke op die kringloop gehad en is tot op hede die grootste Suid-Afrikaanse film by die loket vir 2018”, sê Pieter Geldenhuys van Filmfinity (Pty) Ltd.

Hierdie inspirerende avontuurverhaal oor vyf vroue wat die stormagtige waters van die Oranjerivier en hulle eie lewens aandurf, is op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm en word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink, Carla Classen en Armand Aucamp.

Dit vertel die storie van vyf dames – Lana, Vivian, Adrie, Nixie en Diona – wat elkeen besig is om te ‘verdrink’ en in die rowwe waters van die lewe rondgemaal word. ’n Sameloop van omstandighede neem hulle saam op ’n avontuur op die Oranjerivier. Hier gebeur die ondenkbare en hulle boot word omgegooi, die riviergids raak verlore en die vroue bevind hulleself in ’n stryd om oorlewing in die wildernis. Die reis verander hulle lewens ingrypend, soos wat hulle saam deur seer en vrees worstel. Temas waarop die film fokus, is selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing.

 “STROOMOP was letterlik vir ons die grootste avontuur van ons eie lewens. Dit is vir ons ‘n voorreg dat die karakters en storie nou kan voortleef op ‘n wyer platform binne in mense se huise. Ons sien uit om nog meer mense deel te maak van hierdie epiese visuele en emosionele reis op die Oranjerivier. Ons wil ook weereens dankie sê vir almal wat reeds STROOMOP gaan kyk het op die grootskerm en vir al die wonderlike terugvoer. Ons vertel stories en maak films vir mense, so daar is niks so spesiaal soos om iemand se opregte en hartsterugvoer te ontvang nie. Lekker fliek! SPANE IN!” –  Ivan Botha en Donnalee Roberts

Hierdie fliek is beslis ’n móét vir enige rolprentliefhebber se versameling en bring die aksie van ’n buitelugavontuur, met ’n onvergeetlike treffende boodskap, na die gemak van jou eie huis!

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @stroomopfilm

Instagram: @Stroomopfilm

Hutsmerke: #RaakVerloreVindJouself #StroomopFilm #9Aug2018

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Juju Mafela volg in pa se voetspore

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju …

Waarna jy kan uitsien in BINNELANDERS in November!

Donderdag, 1 November (Episode 104/3120) Nina veroorsaak dat Jax hospitaal toe trek, en Mercia deel …