Storiemakers vereer tydens 10de ATKV-Woordveertjies

228

Tydens ’n luisterryke saamkuier op Vrydag 8 September is storiemakers en woordtowenaars tydens die tiende ATKV-Woordveertjies op die Anura-landgoed buite Stellenbosch vereer.

Die gasvrou vir die aand was Nina Swart en die gaskunstenaar, Spoegwolf. Lee-Ann van Rooy en Stian Bam het as woordkunstenaars opgetree. Hennie van Greunen was die regisseur van dié geleentheid.

“Die ATKV bekroon al ’n dekade lank uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar se inskrywings was weer van uitstaande gehalte en die ATKV is saam met die wenners trots op hul prestasies,” sê Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV.

Die wenners is soos volg:

Die Prys vir Poësie is vanjaar aan Bibi Slippers vir Fotostaatmasjien (Tafelberg) toegeken.

Rosita Oberholster vir Troue in ’n Towerbos (Romanza) het die Prys vir Romanses ontvang.

Die ATKV se Woordwystoekenning word al meer as ’n dekade lank jaarliks toegeken aan ’n woordeboek of taalgids wat grense verskuif. Die ATKV-Woordwystoekenning 2017 gaan aan Ouma Geelmeid ke kx’u ||xa||xa N|uu, uitgegee deur die Centre for African Language Diversity, Universiteit van Kaapstad.

Die Woordveertjie vir ’n Liefdesroman is aan Chanette Paul vir Offerande (LAPA Uitgewers) oorhandig.

 Die Woordveertjie vir die beste niefiksie-boek in Afrikaans word vanjaar die eerste keer toegeken aan Elsabé Brits, vir Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, uitgegee deur Tafelberg.

 Die ATKV-Woordveertjie vir Leesbevordering is ’n inspirerende kategorie wat bewys watter verskil een mens se droom in ’n gemeenskap kan maak. Vanjaar se Toekenning vir Leesbevordering gaan aan die Jazz Town-biblioteek, Uitenhage, in die Oos-Kaap.

Christo Davids het die Prys vir Dramateks vir My Seuns ontvang.

Spanningslektuur: Karin Brynard vir Tuisland (Penguin Random House SA).

ATKV-Prosaprys: Dan Sleigh, 1795, uitgegee deur Tafelberg.

Die ATKV-Kinderboektoekennings bestaan uit vyf kategorieë en die volgende wenners is aangewys:

In die voorleeskategorie: graad RR tot graad 1

Jaco Jacobs en illustreerder Karen Lilje vir LAPA Uitgewers se Grom!

Selfleeskategorie: graad 2 tot graad 3

Jaco Jacobs en illustreerder Zinelda McDonald vir LAPA Uitgewers se Viskos.

Selfleeskategorie: graad 4 tot graad 5

Fanie Viljoen en illustreerder Elsbeth Eksteen vir LAPA Uitgewers se Oepse daisy, Lulu.

Selfleeskategorie: graad 6 tot graad7

Elizabeth Wasserman vir Elf dae in Parys, uitgegee deur Tafelberg.

Selfleeskategorie, graad 8 tot graad 10

Cecilia Steyn vir Tienerharte 3: Hartedief, uitgegee deur Human & Rousseau.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments