Vrydag , April 26 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Steve Hofmeyr en vriende bring die eerste Country is Groot-konsert

Steve Hofmeyr en vriende bring die eerste Country is Groot-konsert

Steve Hofmeyr se vertolking van ou country gunstelinge vind jare lank reeds aanklank by gehore en nou kan aanhangers uitsien na Country is Groot, met Steve en vriende, wat op 26 April  in Pretoria plaasvind. Met dié konsert het Steve vir Demi Lee Moore, Riana Nel én Ricus Nel genooi om saam met hom op die verhoog hulde te bring aan countrylegendes. 

Steve het onlangs weer bewys dat hy ook in dié genre die hartsnare bly roer. Sy nuwe album, The Country Collection, het binne enkele dae nadat dit op die rak was, platinumstatus bereik. Op dié album, wat reeds die afgelope drie maande sedert dit uitgereik is topverkoper in winkels landwyd is, vind aanhangers Steve weer in ’n baie sentimentele genre, naamlik Country, wat hy oudergewoonte treffend vertolk. 

“Ek is dankbaar vir elke persoon wat hierdie album gekoop het en kan nie wag vir hierdie konsert nie,” het Steve gesê. 

“Maak reg vir ’n  aand vol van jou gunsteling countryliedjies,” het hy belowe.

Amanda, ’n duet saam met Demi Lee Moore, Die Kontrak-wenner, het die land aan die gons gehad en kort nadat Steve die musiekvideo vir dié duet op sy Facebook-blad gedeel het is hy meer as ’n miljoen keer gekyk.

 “Dit is só groot eer om die verhoog saam met Steve te kan deel. Nadat Steve my verlede jaar gekontak het om die duet, Amanda saam met hom te doen was ek stomgeslaan oor die reaksie daarop. Ek kan nie wag om dit nou saam met Steve by dié groot produksie te doen nie, “ het Demi Lee Moore vertel.

Riana Nel het in ’n video, wat sy op haar sosiale media gedeel het, gesê dié konsert is ’n baie goeie idee want “wat is beter as ’n paar van jou gunsteling kunstenaars én van jou gunsteling liedjies.”

“Ek gaan ’n paar van my Don Williams-gunstelinge afstof om konsertgangers mee te bederf,” het Ricus Nel gesê. 

Country is Groot, met Steve en Vriende, vind plaas op Vrydag, 26 April om 19:30 by die Sun Arena by Time Square in Pretoria.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

André Schwartz stel splinternuwe enkelsnit vry!

’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike …

‘n Móét vir vandag – Kaleidoskoop se nuwe video – Fakkels!

Die musiekvideo van die Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde duo, Kaleidoskoop, se nuutste enkelsnit, FAKKELS, is …