STELLA stel Hoop in Liefde akoestiese video bekend!

55

STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, lewer konstant hoenderveismooi kontemporêre snitte.

Hoop in liefde is een van hierdie pragtige snitte en is gedurende Augustus 2017 aan radiostasies landswyd uitgereik.

Die akoestiese musiekvideo van hierdie lied is vandag uitgereik.

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Kyk die video hier:

Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het.  Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene.  Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ‘n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reen wat in (te) klein buie geval het.  Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’.  Ek sal dit nooit vergeet nie.  Ons het daardie jaar ook ‘n baie goeie oes gehad!  Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi.  Liefde is dieselfde.  Bietjie, bietjie maak meer.  Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee.  Daar is hoop in liefde”, sê Stella.

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat weer in 2016 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album gewen het.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @StellaCombrink

Instragram: @stellacombrink

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie