kykNET-kykers weet teen hierdie tyd dat die drama-gleuf op ’n Dinsdagaand nooit teleurstel nie en met die nuwe reeks, Spoorloos, wat op 9 Oktober begin, gaan dit ook nie anders wees nie.
Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis ’n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar ná dertien jaar se onopgelosde raaisels keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om die moordenaar op te spoor, moet ’n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap.
Kliek hier vir meer oor die reeks.