Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Spoegwolf word die eerste Afrikaanse groep om die no. 1-posisie op die Apple Music Album Charts in te neem!

Spoegwolf word die eerste Afrikaanse groep om die no. 1-posisie op die Apple Music Album Charts in te neem!

Die gewilde alternatiewe Afrikaanse rock-groep Spoegwolf  se album Koma het no. 1 posisie van die Apple Music-albumtreffersparade die afgelope naweek ingeneem.

Oor dié prestasie het Spoegwolf gesê: “Soms droom ʼn mens van ʼn fiets vir jou verjaardag. Dan word jy wakker en die hele Afrikaanse gemeenskap het bygedra om vir jou ʼn Ferrari te koop. Dis hoe dit voel om die eerste Afrikaanse album in die no. 1-posisie op Apple Music te hê!”

Die Stellenbosse groep bestaan uit Danie du Toit (sang en kitaar), Chris von Wielligh (kitaar en klavier), Albert van der Merwe (baskitaar en sang) en Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang).

Du Toit het die titel van die album, Koma, só verduidelik: “Dis ʼn konsepalbum wat gaan oor trauma. Daarom het ons gedink die idee van ʼn koma pas perfek. Die liedjies gaan oor iemand met wie nare goed gebeur – val, opstaan … val, weer opstaan … om dan op die ou einde te besef niks anders bly oor nie as die wesenlike droom van liefde en die bietjie lig wat diep in hom vonk. Die luisterervaring moet voel soos ʼn diepe slaap; soos ʼn koma.”

Groot treffers op die album sluit in BlouStormLenie Blou lll en Die Rivier.

Die CD van Koma, wat bestaan uit 14 snitte is op Apple Music beskibaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …